Ligpers is 'n ligte pers kleur (Engels: mauve), wat vernoem is na die malvablom. Die eerste gebruik van die woord "mauve" as 'n kleur was in 1796-8 volgens die Oxford English Dictionary, maar die gebruik daarvan blyk skaars te gewees het voor 1859. Nog 'n naam vir die kleur is malva (mallow)Maerz and Paul A Dictionary of Color New York: 1930 McGraw-Hill p. 198 met die eerste aangetekende gebruik van malva as 'n kleurnaam in Engels in 1611.Maerz and Paul A Dictionary of Color New York: 1930 McGraw-Hill; Color Sample of Mallow: p. 125 Plate 51 Color Sample I3
Ligpers is meer grys en meer blou as wat 'n vaal kleur van magenta sou wees. Baie vaal blomme genaamd "blou" is eintlik ligpers.
Kleurkoördinate Volgens verskeie kleurskemas word ligpers as volg voorgestel: ModelKoördinateHeksadesimale kode#E0B0FFRGB-kleurmodel(224, 176, 255)CMYK(12, 31, 0, 0)HSV(276°, 31%, 100%)
Sien ook Lys van kleure
Verwysings
Kategorie:Kleure