duimnael|links|280px|Die kerkgebou van die NG gemeente Dalpark, h.v. Boekenhout- en Magnoliastraat. In 2016 het die gemeente, wat in 1975 gestig is, 457 doop- en 1 478 belydende lidmate gehad.

Dalpark is 'n voorstad in westelike Brakpan, Gauteng. Dit grens aan Dalview in die ooste en Boksburg (Parkhurst) in die weste. Volgens die 2011-sensus het Dalpark 'n bevolking van 8 244 gehad, van wie 53,4% wit was.2011-sensus (Dalpark) Afrikaans (41,4%) en Engels (37,8%) is die grootste huistale.

Sien ook Brenthurst Dalview Minnebron Sonneveld

Verwysings

Kategorie:Brakpan