Die Drakensberg-pompopgaarskema is 'n energiesbergingsfasiliteit geleë op die grens tussen die Suid-Afrikaanse provinsies die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Bouwerk het in 1974 begin en is in 1981 voltooi.

duimnael|links|Kaart van damme in die skema Vier damme is betrokke by die skema: die Driekloofdam (verbind aan die Sterkfonteindam), die Kilburndam, die Woodstockdam en die Drielkeerwal. Die toerusting vir kragopwekking is geleë tussen Driekloof- en Kilburndam. Aangesien die Driekloofdam / Sterkfonteindam ook deel is van die Tugela-Vaal-waterprojek vloei sommige van die water wat na Driekloofdam gepomp word, uiteindelik na die Vaaldam en is dus nie weer beskikbaar vir terugvloei na die Kilburndam nie. Die Woodstockdam en Drielkeerwal word as reservoir gebruik om hierdie bykomende water te voorsien aan Kilburndam wanneer nodig.

Die skema maak voorsiening om tot 27,6 GWh elektrisiteit te berg in die vorm van 27 000 000 kub. meter ((950 000 000 kub. vt.) water. Die water word in tye van lae nasionale kragverbruik (gewoonlik oor naweke) na Driekloof gepomp en weer vrygestel terug na Kilburn via vier 250 MW (340 000 pk) in tye van hoë aanvraag na elektrisiteit.

Sien ook Eskom Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels Eskom se Drakensberg-pompopgaarskema

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Ekonomie van Suid-Afrika Kategorie:Hidroëlektrisiteit Kategorie:Kragsentrales Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Vrystaat