Die Umeå Designinstituut (UID) (Designhögskolan i Umeå) is 'n instituut van die Universiteit van Umeå in Umeå, in die provinsie Västerbotten in Swede.
UID is in 1989 geopen en is uitsluitlik bedoel vir die onderrig van nywerheidsontwerp, ontwerp oor vervoer en interaktiewe ontwerpe. Die instituut is tussen die belangrikste kampus en die sentrum van Umeå geleë, as deel van die Umeå Kunskampus.
UID is die enigste Skandinawiese skool wat op Bloomberg BusinessWeek in die top-60 lys van ontwerpskole in die wêreld in al drie die lyste (2006, 2007 en 2009) gelys is en is ook genoem as een van die 18 beste ontwerpskole in die wêreld in 2010.pdstuts+ list of 18 excellent design schools around the world In 2011 is UID deur die "red dot instituut" as die naasbeste ontwerpinstituut in Europa en Amerika aangewysRed dot designaward en in 2012 behaal UID die eerste plek.
Kyk ook Akademie vir Skone Kunste Restaurantkollege van Umeå
Verwysings
Eksterne skakels Webtuiste van die Instituut BusinessWeek's list of the 30 design schools considered best in the world, 2009 BusinessWeek's list of the 60 design school considered best in the world, 2006 BusinessWeek's list of the 60 design school considered best in the world, 2007
Kategorie:Universiteit van Umeå