Die Restaurantkollege van Umeå (Sweeds: Restauranghögskolan vid Umeå universitet, Engels: Umeå University School of Restaurant and Culinary Arts) is 'n kollege van restaurant- en kulinêre kunste aan die Universiteit van Umeå in die provinsie Västerbotten in Swede.

Geskiedenis Die universiteit van Umeå begin in 1996 met opleiding in gastronomie en in 2002 het die Restaurant-kollege 'n afsonderlike eenheid binne die Universiteit van Umeå geword. Sedert die laat 1990's is die Sweedse kok Gert Klotzke 'n gasprofessor daar. In 2005 is een van Swede se mees internasionaal bekende sjefs en restauranteurs, Marcus Samuelsson as adjunk-professor van die kollege aangestel. Mathias Dahlgren-Matsalen, die Sweedse sjef van die gelyknamige restaurant in Stockholm en houer van twee Michelinsterre is 'n adjunk-professor by die kollege.

Kyk ook Akademie vir Skone Kunste Umeå Designinstituut

Eksterne skakels Webtuiste van die Kollege

Kategorie:Universiteit van Umeå