duimnael|280px|Norra skenet duimnael|280px|Die plan van die universiteit

Die Universiteit van Umeå (Umeå universitet) is 'n openbare universiteit in die Sweedse stad Umeå. Die universiteit is in 1965 gestig en is op vier na die oudste universiteit in Swede. In 2012 was die universiteit volgens die Britse tydskrif "Times Higher Education (THE)" die 23ste hoëronderwysinstelling ter wêreld wat minder as 50 jaar bestaan.The 100 Under 50 university rankings: results, Times Higher Education, 31 Mei 2012

In 2013 het die Universiteit van Umeå meer as 36 000 geregistreerde studente gehad, waarvan 17 000 voltydse studente (insluitend nagraadse studente) was. Die universiteit het meer as 4 000 werknemers, waaronder 365 professore.

Organisasie Die Universiteit van Umeå het vier fakulteite en het nege institute op sy kampus, benewens nog enkele afhanklike inrigtinge in die stede Skellefteå en Örnsköldsvik.

Die fakulteite Fakulteit Kunste Fakulteit Geneeskunde Fakulteit Wetenskap en Tegnologie Fakulteit Sosiale Wetenskappe

Die institute Umeå Designinstituut Umeå Instituut vir Tegnologie Akademie vir Argitektuur Handelskollege van Umeå (USBE) Pedagogiese Akademie Umeå (USE) Akademie vir Skone Kunste Umeå Sentrum vir Sportwetenskappe Restaurantkollege van Umeå

Verwysings

Eksterne skakels Webtuiste van die Universiteit