Rödåsel is 'n klein nedersetting in die munisipaliteit van Umeå in Västerbottens län, 'n administratiewe distrik in die historiese Sweedse provinsie (Sweeds: landskap) Västerbotten. Die plek, met 'n bevolking van 96 (2010) inwoners en 'n oppervlakte van 19 hektaar, is naby die monding van die Rodan-waterloop in die Vindelälven geleë. Die naaste dorpe is Tavelsjö (10 km), Vindeln (21 km), Vännäsvägen (26 km) en Umeå (38 km). Die Länsväg 363-pad loop net buite die dorp verby. Administratief behoort Rödåsel saam met die dorpe Blomdal, Rödåliden, Rödånäs, Västra Överrödå, Älglund en Överrödå aan Rödåbygden.

Beelde

Eksterne skakel Webtuiste Rödåsel

Kategorie:Umeå