Lugmagbasis Langebaanweg (IATA: SDB, ICAO: FALW) is 'n basis van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) geleë by die dorpie Langebaanweg noord van Kaapstad in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Die basis se leuse is Tenax Propositi Vinco – Deur volharding kom sukses.

Tuiste van eenhede Sentrale Vliegskool - opleiding van loodse en instrukteurs 2 Lugonderhoudeenheid - Onderhoudsondersteuning 526 Eskader - Beskermingseskader

Huidige vliegtuie

Die SALM het oorspronklik 60 Pilatus PC-7 Mk II Astra-vliegtuie bestel. Van hulle is in ongelukke verloor. Altesaam 18 surplus PC-7's is te koop aangebied. Verder is 35 eenhede ingevolge projek Ithambo opgegradeer. Die Sentrale Vliegskool gebruik die oorblywende Pilatus PC-7's by Lugmagbasis Langebaanweg.

Die Lugmag se Silwer Valke-vertoonspan is by Lugmagbasis Langebaanweg gestasioneer.

Geskiedenis Die terrein waar die voorgestelde Fortress Aerodrome 203: Langebaanweg geleë sou wees, is op 27 Augustus 1942 gekies. Bouwerk het op 5 Desember 1942 begin, maar die stasie is eerder as ’n Algemene Operasionele Opleidingseenheid beplan om agt Oxfords, 24 Venturas, ses Battles, 188 offisiere, 182 onderoffisiere en 517 ander range te huisves. Die vliegveld het op 14 November 1945 Nommer 3 Lugdepotdetasjement geword, maar is op 12 Desember 1945 Lugmagstasie (LMS) Saldanha hernoem. Aktiewe vliegtuie vanaf Januarie 1946 op die inventaris van Lugmagstasie Saldanha was Anson 4600 en nege voormalige 60 Eskader Mosquito-vliegtuie. Uiteindelik het net vier Mosquito-vliegtuie by LMS Saldanha gebly (tot 1950). Hulle het die reeksnommers 4803, 4804, 4807 en 4810 gehad en is in 1950 afgedank. Die Bomwerper-Skietkuns-en-Lugnavigasie-skool (BSLNS) is op 1 Augustus 1946 gevorm en sou Ansons ontvang.

Nog vliegtuie wat deur LMS Saldanha bedryf is, was agt Harvards (vir teikensleepdienste gebruik) en Dakotas 6828 en 6839. Die Ansons is weens probleme deur Venturas vervang. Al die vliegtuie van die BSLNS is onttrek, en is deur Venturas, Dakotas, Harvards en Sunderlands vervang. Hierdie vliegtuie het van 2 Vleuel by Brooklyn (later Ysterplaat genoem) en van 35 Eskader gekom.

Vliegtuie is weer in Augustus 1948 na die BSLNS teruggeplaas. Die skool se vliegtuie het bestaan uit B.34 Venturas, ’n Dakota, Harvards en Spitfires. Teen 1949 is die Sunderlands nie meer gebruik nie. Die BSLNS is op 1 Desember 1947 die Lug Operasionele en Opleidingskool hernoem, en het op 1 Maart 1950 die Lug Operasionele Skool geword, en PV-1 Venturas en die vroeëre B-34’s is bedryf. Die getal vliegtuie was teen Junie 1951 altesaam 35 Spitfires, 17 Harvards, twee Dakotas en agt PV-1’s. Vampires is in Oktober 1952 by die Lug Operasionele Skool in gebruik geneem. Die navigasie-element van die Lug Operasionele Skool is intussen as ’n afsonderlike eenheid gevorm en het op 1 Julie 1952 die Lugnavigasieskool geword en het op 20 April 1953 na Ysterplaat verskuif.

T-6G Harvard-vliegtuie en ’n De Havilland Devon is vanaf Desember 1953 in gebruik geneem en die laaste Spitfires het in Februarie 1954 vertrek. 17 Eskader is op 1 Desember 1955 as ’n helikoptereenheid by Langebaanweg hervorm en het ‘n Sikorsky S-51 en drie nuwe Sikorsky S-55C’s ontvang. Die eskader het in Julie 1961 na Ysterplaat gegaan.

Die Lug Operasionele Skool het die Aermacchi MB326M Impala Mk I op 11 Mei 1966 in gebruik geneem en het in Oktober 1967 die gevorderde Vliegskool geword en het in dieselfde maand na LMS Pietersburg verskuif. Lugmagstasie Langebaanweg is op 1 Februarie 1968 as Vliegopleidingskool (VOS) Langebaanweg herbenoem en was in daardie stadium geheel en al met Impalas toegerus. Die Lugnavigasieskool het op 5 Januarie 1982 na Langebaanweg teruggekeer en het vier spesiaal toegeruste Dakotas ontvang en is in 1983 as 80 Lugnavigasieskool herbenoem. VOS Langebaanweg is op 28 Maart 1983 as Lugmagbasis Langebaanweg herbenoem, en op 6 Februarie 1984 het die vliegelement 83 Straalvliegskool, met sy eie wapen, geword. Lugmagbasis Langebaanweg het ook in 1985 sy eie wapen gekry (dit is dieselfde wapen as wat vir VOS Langebaanweg gebruik is). Nog ’n eenheid, naamlik 7 Eskader, het op 29 Maart 1985 by Langebaanweg aangekom. Toe verskeie sekuriteit-eskaders in 1987 gestig is, het Langebaanweg 526 Eskader bygekry. 83 Straalvliegskool en 7 Eskader is intussen ontbind. In 2003 was die tuiseenhede by Langebaanweg die Sentrale Vliegskool, 8 Vliegtuigonderhoudeenheid, 400 Luginstandhoudingseenheid en 526 Beskerming-eskader.

Opedag by Vliegopleidingskool Langebaanweg op 1 November 1975 Duisende mense het na die opedag by Vliegopleidingskool (VOS) Langebaanweg gestroom. Dit was die vliegtuie in die lug wat die toeskouers die meeste beïndruk het. ’n Mirage wat grasieus in die lug draai en deur die klankgrens breek en skyngevegte tussen Impala-straalvliegtuie was die hoogtepunte van die dag. Die sterre van die dag was Kaptein “Speedy” de Wet en sy Silwer Valke. Hulle het ’n aangrypende vertoning van presisievliegmaneuvers gelewer.

Die situasie by Langebaanweg op 30 Januarie 1990 duimnael|VOS Langebaanweg-wapen op 30 Januarie 1990 Lugmagbasis Langebaanweg is die SALM se hoof-Impala-basis. Ná aanvanklike opleiding by Dunnottar meld voornemende straalvliegtuigvlieëniers by Langebaanweg aan vir verdere opleiding. Hoewel die kleurskemas van die Impala Mk I’s baie eentonig kan wees, verskil dié by hierdie lugbasis – veral wat eenheidwapens betref. Vier verskillende eenheidwapens verskyn op die Impalas:

Die wapen van Vliegopleidingskool Langebaanweg verskyn steeds op sommige van die Impalas (in die besonder op 498 en 595). Die wapen van 83 Straalvliegskool begin op Impalas verskyn (549 en 594). Die bevelvoerende offisier van 83 Straalvliegskool is kommandant Dave Knoesen. Nog ’n eenheid by Langebaanweg is die Silwer Valke. Die volgende vliegtuie het in hulle aantreklike silwer/oranje/wit/blou kleurskema gepryk: 484, 486, 491 en 494. 7 Eskader se vliegtuie toon die meeste verskeidenheid, aangesien sowel die Impala I as die Impala II op die inventaris van die eenheid is. Sommige van die eenheid se Impala I’s is in die standaard Impala-kamoefleerskema geverf (509, 601 en 602). Ander vliegtuie sluit in 568 (silwer) en twee Impala II’s (1065 en 1082). Al hierdie vliegtuie dra die eenheidwapen.

’n Hele paar Impalas het steeds nie eenheidwapens nie, naamlik 473, 503, 523, 538, 575, 576 en 590.

AANTEKENING

Hierdie inligting is tydens ’n onderhoud met kommandant Knoesen (die bevelvoerder van 83 Straalvliegskool) en deur observasie bekom.

VOS Langebaanweg 30 Januarie 1990 Die volgende twee vliegtuie het op 30 Januarie 1990 nog die VOS Langebaanweg-wapen op hulle gehad.Soos hierbo genoem, het Impala Mk I’s reeksnommer 473, 503, 523, 538, 575, 576 en 590 op 30 Januarie 1990 steeds nie eenheidwapens gehad nie; daarom word twee van hulle in hierdie afdeling van die artikel geïllustreer.

83 Straalvliegskool 30 Januarie 1990 geen|duimnael|Atlas Impala Mk I reeksnommer 549 word op 30 Januarie 1990 met ’n 83 Straalvliegskool-wapen uitgebeeld.

Silwer Valke 30 Januarie 1990 geen|duimnael|Impala 491 was een van die vier vliegtuie van die Silwer Valke wat op 30 Januarie 1990 by Langebaanweg in die oranje, wit en blou kleure van die ou nasionale vlag geverf was.

7 Eskader 30 Januarie 1990

Eenhede wat in die verlede by Langebaanweg gebaseer was

Vliegopleidingskool Langebaanweg

Die Silwer Valke Die oorsprong van die Silwer Valke kan na die Bumbling Bees-vertoonspan teruggevoer word, wat oorspronklik in 1953 gevorm is en in 1966 met die Impala Mk I begin vlieg het. Die span is op 22 November 1967 die Silwer Valke herdoop. Op 24 November 1967 het die span hulle eerste vertoning tydens die opening van die Atlas-vliegtuigkorporasie gelewer. Die span was deel van Vliegopleidingskool Langebaanweg. Nadat 83 Straalvliegskool die opleiding van SALM-leerlingvlieëniers op 4 Februarie 1984 oorgeneem het, het die Silwer Valke deel van laasgenoemde eenheid geword. Rondom hierdie tyd is die kleure van die destydse nasionale vlag, naamlik oranje, wit en blou, vir die eerste keer op die vliegtuie aangebring. In die middel van die 1990’s is nuwe kleure, naamlik die SALM se korporatiewe kleure van donker en ligte blou en wit op die vliegtuie aangewend. 83 Straalvliegskool het in November 1992 gesluit, en 85 Gevegvliegskool het die Impala-bedrywighede oorgeneem. Die Silwer Valke het gevolglik Hoedspruit toe vertrek. Die laaste Impala-vertoning van die Silwer Valke het op 20 September 1997 by Swartkop plaasgevind.

83 Straalvliegskool Vliegopleidingskool Langebaanweg is op 6 Februarie 1984 nommer 83 Straalvliegskool herdoop. Nommer 83 Straalvliegskool is met ingang van 1 Februarie 1993 deur 85 Gevegvliegskool geabsorbeer. Gevolglik het die Silwer Valke na Hoedspruit verhuis.

Die Silwer Valke Die kleure van die nasionale vlag (oranje, wit en blou) is vanaf 1985 op die Silwer Valke aangebring.

7 Eskader geen|duimnael|7 Eskader was van Maart 1985 tot Desember 1994 by Langebaanweg gebaseer en is op 31 Desember 1994 ontbind.

Verhuising van die Sentrale Vliegskool Die laaste vleuelsparade van die Sentrale Vliegskool (SVS) het op 10 Desember 1992 by Dunnottar plaasgevind, en die SVS het daarna na Langebaanweg verskuif.

SALM 75-lugskou by Langebaanweg op 4 Maart 1995 Die Suid-Afrikaanse Lugmag het in 1995 as deel van sy 75ste verjaarsdagvieringe opedae/lugskoue by die meeste van sy basisse gehou. Lugmagbasis Langebaanweg was een van die eenhede wat die SALM se verjaarsdag op hierdie manier gevier het.

Die Harvard-vertoonspan in November 1995 Die vliegtuie van die Harvard-vertoonspan van die Sentrale Vliegskool het ’n nommer en die 1994- nasionale vlag op die stertvin asook ’n spesiale wapen. Een van die vliegtuie van die span is Harvard 7111. Harvard 7111 “Nelson” is die vliegtuig van die leier van die span. Vandaar die “1” op die stertvin van die vliegtuig.

Afskeid van die Harvard in November 1995 duimnael Die Suid-Afrikaanse Lugmag het in die tydperk 16 tot 18 November 1995 by Langebaanweg van die Harvard afskeid geneem. Gaste het op die 16de aangekom en op die 18de vertrek, en die hoofverrigtinge het op die 17de plaasgevind. Op daardie datum was daar die SALM 75-formasieverbyvlug deur Harvards, ’n massaverbyvlug deur 55 Harvards, ’n formasieverbyvlug deur 16 Harvards en formasielugtoertjies deur die Harvard-vertoonspan. Ná die 55-skip-formasieverbyvlug was daar ’n massa-afskakeling van Harvard-enjins. Daar was ook individuele vertonings deur die SALM-museum se Albatross en Shackleton en vertonings deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Historiese Vlug en die Harvard-klub.

Verskillende lugvaartuie op 17 November 1995 gesien

Die Pilatus PC-7 in SALM diens Die Suid-Afrikaans Lugmag het drie Pilatus PC-7’s van die Bophuthatswana-lugmag geërf, en sy eie weergawes van die PC-7 bedryf.

Volgens 75 Years on Wings of Eagles is die Pilatus PC-7’s van die ex-Bophuthatswana-lugmag vir oorbruggingsopleiding van die voormalige TBVC- en Nie-statutêre Mag-lede gebruik.

In die SALM was die PC-7 aanvanklik as die Pilatus PC-7 Merk II Astra bekend. Die eerste Astra is op 17 Oktober 1994 aan die SALM afgelewer.

Voormalige Bop-lugmag Pilatus PC-7 by Langebaanweg op 3 Maart 1995 geen|duimnael|Pilatus PC-7 reeksnommer T420 van die ex-Bophuthatswana-lugmag word op 3 Maart 1995 by Langebaanweg gesien.

Pilatus PC-7 Mk II Astra-vliegtuie by Langebaanweg

Lugmagbasis Langebaanweg op 1 en 2 September 2005

Die Sentrale Vliegskool

Aktiwiteite van die SVS

Mbeki se inhuldiging in April 2004 Thabo Mbeki is op 27 April 2004 as Suid-Afrika se President ingehuldig, en die SALM het formasieverbyvlugte oor Pretoria uitgevoer. Dit het formasievlugte deur Astras van die Sentrale Vliegskool by Langebaanweg ingesluit. Die meegaande foto illustreer een van hierdie formasieverbyvlugte. geen|duimnael

Waterkloof 21 September 2004