duimnael|300px|Vissermanne trek 'n net op 'n kano in Indië. duimnael|300px|regs|Wilde salm migreer stroomop om te broei in Becharof Wildernis in Alaska.

'n Vissery is 'n entiteit wat betrokke is by die vang of oes van vis, gewoonlik op 'n kommersiële skaal, en wat deur 'n owerheid as 'n vissery beskou word.Fletcher, WJ, Chessonio, J, et al (2002) The "How To" guide for wild capture fisheries . National ESD reporting framework for Australian fisheries: FRDC Project 2000/145. p. 119–120. Volgens die FAO in die VSA, word 'n vissery gedefinieer in terme van die "mense wat daarby betrokke is, spesies of tipe vis, die gebied van water of seebodem, metode van visvang, klas van bote gebruik, doel van die aktiwiteite of 'n kombinasie van hierdie funksies".

Die definisie sluit dikwels 'n kombinasie van vis en vissers in 'n streek in, laasgenoemde vang vir soortgelyke spesies met soortgelyke toerusting.Madden, CJ en Grossman, DH (2004) A Framework for a Coastal/Marine Ecological Classification Standard . NatureServe, p. 86.

'n Vissery kan behels die vang van wilde vis of die vermeerdering van vis deur visboerdery of akwakultuur.FAO: Fisheries glossaryFisheries glossary p. 24. Die lewens van meer as 500 miljoen mense in ontwikkelende lande is direk of indirek afhanklik van visserye en akwakultuur. Oorbenutting van visbronne, insluitend die vang van meer vis as die volhoubare kwota, verminder visbronne en lei tot werkloosheid en hongersnood in baie dele van die wêreld.Michael Hogan (2010) Overfishing, Encyclopedia of Earth, National Council on Science and the Environment (NCSE), Washington DC

Vis is 'n bron van proteïene, lipiede, minerale en vitamiene en word algemeen beskou en aanvaar as ʼn gesonde en smaaklike voedsel. Vis word volgens verskillende metodes bewerk en is byvoorbeeld vars, gerook of ingemaak in die handel verkrygbaar. Visvang het deur die eeue ʼn belangrike bydrae gelewer tot wêreldvoedselvoorsiening.

Daar is reeds gedurende die Steentyd van skepe en nette gebruik gemaak, terwyl die eerste preserverings- of bewaringstegnieke ook uit daardie tydperk dateer. Tydens die Middeleeue het die Wes-Europese vissers die hele noordelike Atlantiese Oseaan benut. Danksy tegnieke wat gedurende die 19de en 20ste eeu ontwikkel is, kon sowel die vangste as die beskikbare gebied aansienlik vergroot word. Die Suid-Afrikaanse visserybedryf het sy beslag gekry tydens die vroeë dae van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) se bestuur aan die Kaap.

Vis is saamgestel uit water (minimum 55 %), proteïene (16 tot 18 %), lipiede (vet), minerale en vitamiene. 'n Maer visspesie (byvoorbeeld skelvis of kabeljou) bevat baie water en baie min vet (ongeveer 1 %). 'n Vet visspesie (byvoorbeeld haring of makriel) kan daarenteen tot 25 % vet bevat. Vis word veral om die volgende redes as 'n gesonde voedsel beskou:

- Visvleis is relatief maklik verteerbaar en het 'n hoë voedingswaarde, aangesien dit alle noodsaaklike aminosure in voldoende hoeveelhede bevat.

- Vislipiede het oor die algemeen onversadigde vetsure, wat dikwels as gesonder as versadigde vetsure beskou word.

Visprodukte en -preservering

Varsvis Proteïenryke varsvis is net soos skulp- en skaaldiere sterk aan bederf onderhewig. In enkele gevalle kan varsvis lewend gekoop word, byvoorbeeld forel of paling, maar die meeste vis word doodgemaak en verkoel om dit vars te hou. Supermarkte verkoop ook voorafverpakte varsvis, en die verwerking van die vis word so gou moontlik gedoen – by voorkeur reeds op see pas na die vangs.

Bevrore vis In meeste visserybedrywe is dit lank reeds die gebruik om vis onmiddellik na die vangs te bevries. Sekere vissoorte word ook ontgraat, waarna hulle in blokke gevries word. Hierna word die blokke in stukkies gesaag, van 'n krummelbeslag voorsien en in die handel as visvingers verkoop.

Hoewel bevriesing die moontlikheid van bederf verminder, kan bevrore vis nie onbeperk bewaar word nie. By algemene vrieskastemperature van -20,5 tot -17,7 °C is die maksimum bewaartyd 10 maande vir maer visspesies en 6 maande vir vet spesies. Die nadele van bevriesing is onder meer uitdroging, verkleuring en smaakverlies. Hierdie nadele kan beperk word deur verpakkings te gebruik wat min lug en vog deurlaat.

Bewaring Wanneer vis sodanig met hitte behandel word dat die bederfveroorsakende mikroörganismes vernietig word, kan die vis in beginsel onbeperk bewaar word. Sekere vissoorte word so in blikkies ingelê en verkoop (veral sardyne en salm). Harings en makriel word ook op beperkte skaal so verwerk. In feitlik al hierdie gevalle word die vis gekook, en alle vog wat vrykom, word verwyder. Die binnekant van die blikke word met sink bedek, waardeur vrykomende swael gebind word sodat geen swart neerslag van ystersulfied kan ontstaan nie.

Ander bewaringsmetodes Vis word ook bewaar (gepreserveer) deur dit te droog, te sout of te berook, of deur 'n kombinasie van hierdie metodes. Droging kan ook meganies geskied. Met droging deur gewone lug (in die buitelug) bly die natuurlike vorm min of meer behoue.

Veral stokvis en Noord-Atlantiese kabeljou word so gedroog. In Suid-Afrika word harders en maasbankers aan lyne tussen pale opgehang en word as bokkoms in die wind en son droog. Souting kan aan boord van vistreilers of aan wal plaasvind. Die meeste gesoute vis moet egter koel bewaar word sodat verkleuring deur die inwerking van mikroörganismes voorkom kan word. Beroking is in der waarheid 'n kombinasie van droging en souting. Bepaalde stowwe uit die rook (fenole en formaldehied) help egter om gehalteverlies le beperk. Oor die algemeen word net haring, makriel, paling en snoek gerook.

Vismeel en visolie In die Skandinawiese lande word ook nywerheidsvis, dit wil sê vis wat normaalweg nie as sodanig verbruik word nie, asook laegraadse verbruikersvis gevang. Hierdie nywerheidsvis word tot vismeel en -olie verwerk. Visafval kan ook hiervoor gebruik word. Vismeel, wat deur ekstraksie of droging verkry word, bevat tot 70 % proteïene, minder as 10 % vog en minder as 15 % olie en word as veevoer gebruik. Gehalte vismeel word in Afrika en Asië ook vir menslike verbruik vervaardig. Die olie wat by die bereiding van vismeel vrykom, word tot visolie gesuiwer en word in onder meer verf, ink en margarien gebruik. Olie uit vislewer, byvoorbeeld lewertraan, wat uit die lewer van die kabeljou verkry word, is ryk aan vitamien A en D. Die produksie hiervan het egter sterk afgeneem sedert hierdie vitamiene sinteties berei word.

Geskiedenis Tot met die ontwikkeling van die landbou en veeteelt was jag en versameling, waaronder die vang van vis, die enigste bestaanswyse. Visvangtegnieke het waarskynlik tydens die Mesolitikum (ongeveer 18 000 tot 3 000 jaar v.C.) aansienlik verbeter en daar het selfs vissersbevolkings ontstaan wat grotendeels van visvang afhanklik was. Die beste voorbeeld van so 'n visserskultuur is die Skandinawiese Maglemose-kultuur uit die tyd toe die ys na die noorde teruggetrek het.

Argeologiese vondste van spiese (met punte van klipsplinters), vislyne en vishoeke (van klip), fuike en nette wat met klippe onder water gehou is, asook beenharpoene wat van weerhake voorsien is, is gemaak op plekke waar hierdie Maglemosiërs gewoon het. Primitiewe kano's is ook gevind. Die belangrike ontwikkeling van middels en metodes van preservering van vis is genoodsaak toe die bevolking hulle op die landbou begin toespits het en vis, wat 'n aanvulling van hulle dieet was, oor groot afstande na landbougebiede vervoer moes word.

Uit onlangse antropologiese ondersoeke het dit geblyk dat die tegnieke van droging, beroking, insouting, ensovoorts, hul spore gelaat het in die mites en verhale van volke en kulture. Namate die vraag na vis en visprodukte toegeneem het, het die mens sy visvangste al hoe beter begin organiseer en het hy dit ook al hoe dieper die see in begin waag. Met verloop van tyd het die visserskuite al hoe groter geword en was 'n ervare bemanning later nodig. Seevissery in die besonder het op die wyse tot 'n eie bedryf ontwikkel en in- en uitvoerhawens, vissersdorpies en visserskepe het hul verskyning gemaak.

Seevis was reeds tydens die Middeleeue deel van die standaarddieet van rykes en armes. Afgesien van die praktiese redes hiervoor (skaarste aan vleis), het dit ook 'n godsdienstige agtergrond. Bepaalde "visdae" is in die Joodse en die Christelike tradisie ingevoer, terwyl die feit dat die apostels vissers was, ook daartoe bygedra het (die vis was ook 'n simbool van die eerste Christene). In Suid-Afrika is vis van die dae van die VOC tot aan die begin van die huidige eeu meestal met hoek en lyn van klein roeibootjies gevang of so nie met strandtreknette. Aanvanklik het hoofsaaklik die Kaapse Maleiers in Tafelbaai en Valsbaai hulle op visvangs toegespits.

Suid-Afrikaanse bedryf Mettertyd het daar 'n seevisserybedryf in Suid-Afrika tot stand gekom. In 1980 is daar in die Suid-Afrikaanse seevisserybedryf 629 000 ton vis (lewende massa) ter waarde van R248,2 miljoen (groothandelsprys) gevang. Ongeveer 380 500 ton daarvan was pelagiese skoolvis (veral ansjovis) en ongeveer 145 000 ton was treilvis soos stokvis (71 %), koningklip en tongvis.

Baie van die skoolvis word tot produkte soos vismeel verwerk, en die waarde daarvan is gevolglik heelwat minder as die van die treilvis. Die totale waarde van die skoolvis was in 1980 ongeveer R17 miljoen en die van die treilvis ongeveer R141,1 miljoen. Die oorblywende inkomste van die Suid-Afrikaanse visserybedryf is en word uit 'n verskeidenheid bedrywighede soos kreefvangs, garnaalvangs en lynvangste van vis soos snoek, kabeljou en geelstert verkry.

Hoewel die vang van snoek (Thyrsites atun) 'n mini male bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie lewer (ongeveer R1,2 miljoen per jaar), is dit 'n bedryf met 'n lang geskiedenis wat ten nouste met die kultuur van Wes-Kaapland en Namibië verweef is. Snoek word van Oktober tot Januarie langs die kus van Namibië in die omgewing van Walvisbaai gevang, maar van die middel van die somer af migreer die visse geleidelik suidwaarts. In die omgewing van die Kaapse Skiereiland word snoek van Januarie tot Julie gevang. Baie min snoek word oos van die Kaapse Skiereiland aangetref en die grens van hul verspreiding is ongeveer Oos-Londen.

Visvangmetodes Die visserybedryf is reeds eeue lank van groot belang vir voedselvoorsiening, en die toename in die wêreldbevolking het tot verhoogde energie-insette en meganisasie gelei. Sedert die einde van die sestigerjare het die vangste egter nie die energie-insette geregverdig nie.

Tussen 1958 en 1968 het die wêreldvisvangste van 32 tot 70 miljoen ton gestyg. In 1975 was die totale vangste egter steeds 70 miljoen ton, ondanks 'n snelle uitbreiding in die grootte van die totale vissersvloot. Die ontwerp en toerusting van 'n vissersvaartuig word bepaal deur die visvangmetode wat toegepas word.

Visnette Vir vangste met sleepnette word van die treiler gebruik gemaak. Sleepnette word in seevissery vir veral die vang van visse asook skaal en skulpdiere gebruik. Die vorm van die net en die wyse waarop dit oopgehou word, hang af van onder meer die plek waar die visse hulle normaalweg bevind. Vir die vang van diere wat na aan die bodem hou, word 'n bodemtreiler met 'n tregtervormige otternet gebruik. Die net word teen 3 of 4 knope oor die seebodem gesleep.

Om die net se bek oop te hou, is daar 'n groot "otterbord" aan weerskante waaraan die treilkabels vasgemaak is sodat hulle na buite oopgedruk word. Die ondertou van die net het gewigte en sleep op die bodem langs, terwyl die bo-tou deur die dobbers omhooggehou word. Die belangrikste treilvis in Suid-Afrikaanse waters is die stokvis Merluccius capensis, wat tot 1,2 m lank kan word, hoewel die wat deesdae gevang word, gewoonlik 30 tot 75 cm lank is.