Christopher Eric Hitchens (13 April 1949 – 15 Desember 2011) was 'n Brits-Amerikaanse outeur, polemikus, debatvoerder en joernalis.'Hitchens, Christopher Eric', Who's Who 2012, A & C Black, 2012; online edn, Oxford University Press, Des. 2012 ; aanlyn, Jan. 2012 getoegang op 5 Mei 2012 Hitchens skryf vir New Statesman, The Nation, The Atlantic, The London Review of Books, The Times Literary Supplement, en Vanity Fair. Hy was outeur, mede-outeur, redigeerder, en mederedigeerder van meer as dertig boeke, waarvan vyf essayversamelings, en fokus op 'n reeks onderwerpe, waaronder politiek, letterkunde, en religie. Hy was 'n gewilde gas op kletsprogramme en by lesingskringe, en sy konfronterende debatstyl maak van hom terselfteryd 'n geprysde en omstrede figuur. Hy was bekend vir sy teendraadse stand op 'n aantal kwessies en reken vel af met openbare figure soos Moeder Teresa, Bill Clinton, Henry Kissinger, Prinses Diana, en Joseph Ratzinger. Christopher was die ouer broer van outeur Peter Hitchens.

Hy beskryf hom lank reeds as 'n sosiaaldemokraat, maar begin weg van die gevestigde linkse politiek te breek ná wat hy beskryf as die "flou reaksie" van die Weste se linkses op die Rushdie-affêre, gevolg deur die linkses se aanvaarding van Bill Clinton, en die teenoorlogbeweging se teenstand tot ingryping in Bosnië-Herzegowina. Alhoewel Hitchens sy skrywerspos by The Nation nie tot ná die terrorismeaanvalle van 11 September 2001 verlaat nie, voel hy dat die tydskrif die posisie bereik "dat John Ashcroft 'n groter bedreiging as Osama bin Laden" is.Reaksie op Hitchens se repliek The Nation, 15 Oktober 2001 Die gebeure van die 11de September 2001 "wend hom op", bring "n stryd tussen alles wat ek lief het en alles wat ek haat" binne fokus, en versterk sy aanvaarding van 'n intervensionistiese buitelandse beleid wat "fascisme met 'n Islamitiese aangesig" uitdaag.Profiles: He Knew He Was Right : The New Yorker Sy menige hoofartikels ter ondersteuning van die Irakoorlog lei daartoe dat sommiges hom as 'n neokonserwatiewe bestempel, alhoewel Hitchens daarop aandring dat hy nie "'n konserwatiewe van enige aard" was nie. Sy vriend Ian McEwan beskryf hom as 'n verteenwoordiger van die antitotalitaristiese linkses.Eaton, George. The New Statesman Interview: Christopher Hitchens www.newstatesman.com, 12 Julie 2010. Getoegang op 7 November 2010. Hitchens herroep in sy memoir hoe hy "deur Bernard-Henri Levy genooi is om 'n essay oor politieke heroorwegings vir sy tydskrif La Regle du Jeu te skryf. Ek gee dit die deels ironiese titel: 'Kan 'n Mens Neokonserwatief Wees'? Ongeduldig hiermee plaas een of ander teksredakteur dit op die voorblad as 'Hoe Ek 'n Neokonserwatiewe Geword Het'. Perdalks was dit 'n voorval van die Kartesiese beginsel in teenstelling tot die Engelse empiriese een: dit is besluit dat ek klaarblyklik dít was wat ek waarskynlik slegs gedink het." Tydens 'n onderhoud met die BBC in 2010 vermeld hy inderdaad dat hy "steeds 'n Marxis" was.

Hitchens was 'n vernaamde kritikus van religie en 'n antiteïs, en sê dat 'n persoon "'n ateïs kan wees en wens dat geloof in god korrek is", maar dat "'n antiteïs, 'n term wat ek in sirkulasie probeer bring, iemand is wat verlig is dat daar geen bewyse vir só 'n bewering is nie". Volgens Hitchens is die konsep van 'n god of opperwese 'n totalitaristiese oortuiging wat indiwiduele vryheid vernietig, en vrye uitdrukking en wetenskaplike ontdekking moet religie vervang as 'n wyse waarop etiek geleer word en menslike beskawing gedefinieer word. Sy antireligieuse polemiek en New York Times-topverkoper, God is not Great – How Religion Poisons Everything ("God is nie groot nie – hoe religie alles vergiftig"), verkoop meer as 500 000 eksemplare.

Hitchens sterf op 15 Desember 2011 aan komplikasies weens slukdermkanker, 'n siekte wat hy toegee tien-teen-een te wyte was aan sy lewenslange voorkeur vir hewig rook en drink.

Boeke 1984 Cyprus. Quartet. Hersiene weergawe uitgegee as Hostage to History: Cyprus from the Ottomans to Kissinger, 1989 (Farrar, Straus & Giroux) en 1997 (Verso) 1988 Blaming the Victims: Spurious Scholarship and the Palestinian Question (bydraer; mederedigeerder met Edward Said) Verso, Heruitgegee, 2001 1990 The Monarchy, Chatto & Windus Ltd 1990 Blood, Class and Nostalgia: Anglo-American Ironies, Farrar Straus & Giroux (T) (Junie 1990) 1993 "For The Sake Of Argument" Verso 1995 The Missionary Position: Mother Teresa in Theory and Practice, Verso 1997 The Parthenon Marbles: The Case for Reunification, Verso 1999 No One Left to Lie To: The Values of the Worst Family, Verso 2000 Unacknowledged Legislation: Writers in the Public Sphere, Verso 2001 The Trial of Henry Kissinger. Verso. 2001 Letters to a Young Contrarian, Basic Books 2002 Why Orwell Matters, ook Orwell's Victory, Basic Books, 2004 Love, Poverty, and War: Journeys and Essays, Thunder's Mouth, Nation Books, 2005 Thomas Jefferson: Author of America, Eminent Lives/Atlas Books/HarperCollins Publishers, 2007 "Thomas Paine's Rights of Man: A Biography ", Atlantic Monthly Press, 2007 The Portable Atheist: Essential Readings for the Non-Believer, [Redigeerder] Perseus Publishing. 2007 God is not Great: How Religion Poisons Everything, Twelve/Hachette Book Group USA/Warner Books, / Uitgegee in die VK as God is not Great: The Case Against Religion, Atlantic Books, 2008 Christopher Hitchens and His Critics: Terror, Iraq and the Left (met Simon Cottee en Thomas Cushman), New York University Press 2008 Is Christianity Good for the World?—A Debate (mede-outeur, met Douglas Wilson), Canon Press, 2010 Hitch-22: A Memoir, Twelve, 2011 Arguably: Essays by Christopher Hitchens, Twelve. Uitgegee in die VK as Arguably: Selected Prose, Atlantic, / 2012 Mortality, Twelve, / . Uitgegee in die VK as Mortality, Atlantic Books, /

Verwysings

Eksterne skakels

Verskynings op C-SPAN Booknotes-onderhoud met Hitchens oor For the Sake of Argument, 17 Oktober 1993. In Depth-onderhoud met Hitchens, 2 September 2007 C-SPAN Q&A-onderhoud met Hitchens, 26 April 2009 C-SPAN Q&A-onderhoud met Hitchens, 23 Januarie 2011 Profiel op die Internet-rolprentdatabasis Daily Hitchens, 'n argief van materiaal deur of oor Hitchens; nie meer aktief nie. Christopher Hitchens op National Public Radio in 2010 Drexel-onderhoud met Paula Marantz Cohen, Junie 2010 Werke deur of oor Christopher Hitchens in biblioteke Versameling van nuus en kommentaar by The Guardian Versameling van nuus en kommentaar by The New York Times "Journalist Christopher Hitchens fully embraces the Bush war camp " op die World Socialist Website, Oktober 2002 "Christopher Hitchens-voorbladstories", Prospect-tydskrif, Mei 2008 "Incendiary Author Spares No Targets" voorbladstorie in The New Zealand Herald, Mei 2008 "Such, Such are His Joys" David Brooks-assessering in The New York Times, 1 Julie 2010 Hitchens oor die sterf aan kanker, video-onderhoud met The Atlantic, Augustus 2010 "Christopher Hitchens: 'You have to choose your future regrets'" The Guardian, 13 November 2010 "Christopher Hitchens's Jewish Problem", voorbladstorie op Jewish Ideas Daily, 13 Desember 2010 Debat tussen Hitchens en Berlinski, 2010 Outspoken and outrageous: Christopher Hitchens , 'n 60 Minutes-profiel wat op 6 Maart 2011 uitgesaai is "Farewell to C.H.", Alexander Cockburn-dagboek op CounterPunch, 16-18 Desember 2011 Artikels deur Hitchens Bydraersbladsy by Vanity Fair Rubriekargief by The Atlantic Artikelargief by The Guardian Hitchens-artikels by Slate Artikelargief by Journalisted

Kategorie:Amerikaanse joernaliste Kategorie:Amerikaanse polemici Kategorie:Britse joernaliste Kategorie:Britse polemici Kategorie:Ateïste Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Sterftes in 2011