duimnael|links|Die Capital-lughawe in 1959 duimnael|links|Die Amerikaanse President Richard Nixon se Air Force One op die Capital-lughawe in 1972. Beijing Capital Internasionale Lughawe (IATA: PEK, ICAO: ZBAA) is die belangrikste internasionale lughawe wat Beijing in China bedien. Dit is 32 km (20 myl) noord van die stadsentrum van Beijing geleë, in 'n enklawe van Chaoyang-distrik en die voorstedelike Shunyi-distrik, Map from Maptown.cn . () en beslaan 'n 6 vierkante kilometer (1 480 hektaar) perseel. Die lughawe word besit en bedryf deur die Beijing Capital International Airport Company Limited, 'n staatsbeheerde maatskappy. Die lughawe se IATA-kode, PEK, is gebaseer op die stad se voormalige geromaniseerde naam, Peking.

Die lughawe is 'n spilpunt vir China se vlagdraer Air China wat na 120 bestemmings vanuit Beijing vlieg, asook vir China Southern Airlines en Hainan Airlines.

Om die groeiende passasiersverkeer te akkommodeer, het Beijing Capital die enorme Terminaal 3 in 2008 geopen, betyds vir die Olimpiese Spele, die tweede grootste lughaweterminaal in die wêreld na Doebai Internasionale Lughawe se Terminaal 3, en die sesde grootste gebou in die wêreld per oppervlak. Beijing Capital Internasionale Lughawe beslaan 1 480 hektaar grond.

Verwysings

Kategorie:Beijing Kategorie:Lughawens in die Volksrepubliek China