Taiwan Taoyuan Internasionale Lughawe (IATA: TPE, ICAO: RCTP) is die internasionale lughawe wat die hoofstad van die Republiek China (Taiwan), Taipei, asook die noordelike dele van die land bedien. Dit is ongeveer 40 km van Taipei geleë in die dorp Dayuan, Taoyuan County, en is Taiwan se grootste lughawe. Dit is een van die vyf lughawens in die Republiek van China met gereelde internasionale vlugte, en is by verre die besigste internasionale lugtoegangspunt onder hulle.Passasiers per toegangspunt Dit is die belangrikste internasionale sentrum vir China Airlines en EVA Air.

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in die Republiek China Kategorie:Vervoer in die Republiek China Kategorie:Lughawens in China