Sweeds-Pommere (Duits: Schwedisch Pommern, Sweeds: Svenska Pommern) was die (westelike) gedeelte van die Hertogdom Pommere wat volgens die Vrede van Wesfale in 1648 as keiserlike Ryksleen onder Sweedse bewind gekom het, terwyl Agter-Pommere by Brandenburg-Pruise ingesluit is. Nadat dele van Sweeds-Pommere reeds in die Vrede van Stockholm in 1720 Pruisies geword het, het Swede op die Weense Kongres in 1815 ook die res van die gebied aan Pruise afgestaan.

Kategorie:Geskiedenis van Swede Kategorie:Heilige Romeinse Ryk Kategorie:Mecklenburg-Voorpommere Kategorie:Voormalige lande in Europa