duimnael|300px|’n Enkellensreflekskamera.
’n Kamera is ’n optiese instrument wat beelde registreer wat in die kamera gestoor of na ’n ander plek oorgedra kan word, of albei. Dit kan stilfoto's wees of bewegende beelde soos video's of rolprente. Die term "kamera" kom van die woorde camera obscura (Latyn vir "donkerkamer"), ’n vroeë metode om beelde te projekteer. Die moderne kamera het uit die camera obscura ontwikkel. Dit werk baie soos die menslike oog.
Nadat die camera obscura eeue lank gebruik is om kunstenaars te help teken en skilder asook om nie-permanente foto's te neem, is die eerste permanente foto in 1826 deur die Franse uitvinder Joseph Nicéphore Niépce geneem met ’n houtbokskamera. Hy was die eerste persoon wat daarin geslaag het om beelde te fikseer en so permanent te maak.
Die eerste kamera wat vir kommersiële gebruik vervaardig is, was ’n daguerreotipe-kamera, wat ontwikkel is danksy ’n proses wat deur die Fransman Louis Daguerre uitgevind is. Sedertdien het die tegnologie vir kameras en lense aansienlik verbeter.
Verskeie verstellings is met die meeste moderne kameras moontlik, waarmee die fokus, beligtingstyd en grootte van die lensopening gestel kan word. Verskillende soorte kameras met ’n verskeidenheid filmformate is verkrygbaar, van grootformaat- tot kompakte kameras. Met die ontwikkeling van digitale kameras en slimfone het die gewildheid van kameras wat film gebruik, grootliks afgeneem.
Werking van ’n kamera duimnael|360px|Die basiese elemente van ’n moderne stilkamera. ’n Kamera kan werk met die lig van die sigbare spektrum of ander dele van die elektromagnetiese spektrumGustavson, bl. VII ’n Stilkamera is ’n instrument wat ’n enkele beeld van ’n voorwerp of toneel skep en dit op ’n beeldsensor of fotografiese film registreer. Alle kameras gebruik dieselfde basiese ontwerp: lig gaan ’n toe houer deur ’n konvergensielens binne en ’n beeld word op ’n ligsensitiewe medium geregistreer. ’n Sluitermeganisme beheer hoe lank die lig in die kamera skyn.Young, Freedman & Ford, bl. 1182–1183 Die meeste fotografiese kameras het ’n funksie wat die fotograaf in staat stel om die toneel te sien wat afgeneem word, om te sorg dat ’n bepaalde deel van die toneel in fokus is en die beligting te beheer sodat die foto nie te lig of te donker is nie.London, Upton, Kobré & Brill, bl. 4 ’n Toonskerm stel die fotograaf in staat om die stellings soos die filmspoed, beligting en sluiterspoed te sien.London, Upton, Kobré & Brill, bl. 6-7Burian & Caputo, bl. 12
’n Rolprent- of videokamera werk op dieselfde beginsel, behalwe dat dit ’n reeks statiese beelde kort ná mekaar neem, gewoonlik teen ’n spoed van 24 raampies per sekonde. Wanneer die beelde gekombineer en in die regte volgorde vertoon word, word die illusie van beweging verkry.Ascher & Pincus, bl. 4
Geskiedenis duimnael|Die camera obscura. Lig skyn deur ’n prikgaatjie in ’n donker kamer of houer en skep ’n omgekeerde beeld op die muur oorkant die gaatjie. Die voorloper van die kamera was die camera obscura. In die 5de eeu v.C. het die Chinese filosoof Mo Ti opgemerk ’n prikgaatjie kan ’n omgekeerde en gefokusde beeld skep wanneer lig deur die gaatjie tot in ’n donker plek skyn.Hirsch, bl. 3-4 Hy is die eerste mens bekend wat die verskynsel ondersoek het om ’n foto te skep.Gustavson, bl. 4 Aristoteles het ook dié beginsel in die 4de eeu v.C. genoem.Johnson, Rice, en Williams, bl. 36 Hy het beskryf hoe hy ’n gedeeltelike sonsverduistering in 330 v.C. waargeneem het deurdat hy die beeld van die son deur ’n klein opening tussen die blare van ’n boom geprojekteer gesien het.Hirsch, bl. 4 In die 10de eeu n.C. het die Arabiese geleerde Ibn al-Haytham (Alhazen) ook geskryf hoe hy ’n sonsverduistering deur ’n prikgaatjie gesien het,Gernsheim, bl. 3-4 en hy het beskryf hoe ’n skerper beeld verkry kon word deur die gaatjie kleiner te maak. Teen die 15de eeu het kunstenaars en wetenskaplikes dié verskynsel gebruik om waarnemings te maak. Oorspronklik moes die waarnemers in ’n kamer staan waar ’n klein gaatjie in die een muur gemaak is. Hulle kon dan die beeld van ’n toneel buite die kamer op die teenoorgestelde muur sien.Frizot, bl. 18 Die naam camera obscura, Latyn vir "donker kamer", kom van hierdie vroeë gebruik.Gernsheim, bl. 3 Die term is vir die eerste keer gebruik deur die wiskundige en sterrekundige Johannes Kepler in sy Ad Vitellionem paralipomena van 1604.Wenczel, bl. 22
Die Italiaanse wetenskaplike Giambattista della Porta het die camera obscura in detail beskryf in sy 1558-werk Magia Naturalis, en spesifiek voorgestel dat kunstenaars die camera obscura se beelde op papier kan projekteer en dan die buitelyne aftrek.Gernsheim, bl. 4 Die instrument was van die 1600's tot die 1800's gewild as hulpmiddel om te teken en skilder.Wenczel, bl. 18 Draagbare toestelle is in die 17de eeu gemaak. Kepler het byvoorbeeld ’n draagbare tent gemaak en die camera obscura teen 1620 met ’n lens toegerus. Dit het tot in die vroeë 1800's gewild gebly.Gernsheim, bl. 5 ’n Toestel met ’n spieëlrefleksmeganisme wat met die hand vasgehou kon word, is in 1685 die eerste keer deur die Duitser Johann Zahn voorgestel – die ontwerp sou later in kameras gebruik word.Gernsheim, bl. 5-6
Voor die ontwikkeling van die kamera was dit honderde jare lank reeds bekend dat sommige stowwe, soos silwersoute, donkerder word wanneer dit aan sonlig blootgestel word.Gustavson, bl. 4 In ’n reeks proefnemings wat in 1727 gepubliseer is, het die Duitse wetenskaplike Johann Heinrich Schulze gedemonstreer dat die verdonkering net deur lig veroorsaak word en nie deur hitte of die blootstelling aan lug nie.Gernsheim, bl. 7 Die Sweedse apteker Carl Wilhelm Scheele het in 1777 gewys silwerchloried was buitengewoon geneig om donkerder te word van blootstelling aan lig, en wanneer dit eers donker is, word dit onoplosbaar in ’n ammoniakoplossing. Die eerste mens wat hierdie manier gebruik het om beelde te maak was die Brit Thomas Wedgwood. Hy het items soos blare en insekvlerke op keramiekpotte gesit wat bedek was met silwernitraat, en dit dan aan lig blootgestel. Dié beelde was egter nie permanent nie omdat Wedgwood nie ’n fikseermeganisme gebruik het nie. Hy het eindelik misluk in sy poging om permanente beelde te maak wat deur ’n camera obscura geskep is.Gernsheim, bl. 8
Die eerste permanente foto is in 1826 deur Joseph Nicéphore Niépce geneem met ’n glybare houtbokskamera wat in Parys deur Charles en Vincent Chevalier gemaak is.Gernsheim, bl. 9-11 Niépce het sedert 1816 geëksperimenteer met maniere om beelde van die camera obscura te fikseer. Die foto wat Niépce geneem het, wys die toneel buite sy venster. Dit is met ’n beligtingstyd van agt uur geneem op piouter bedek met bitumen.Gernsheim, bl. 9 Niépce het sy proses "heliografie" genoem.Gustavson, bl. 5 Hy het met die uitvinder Louis Daguerre gekorrespondeer, en die twee het ’n vennootskap aangegaan om die proses te verbeter. Niépce het ook met ander chemikalieë geëksperimenteer om kontras op sy heliograwe te verhoog. Daguerre het ’n beter camera obscura ontwerp, maar die vennootskap het in 1833 geëindig toe Niépce oorlede is.Gernsheim, bl. 10 Daguerre het daarin geslaag om ’n skerp beeld met hoë kontras te skep op ’n plaat wat met silwerjodied bedek was en daarna aan kwikdamp blootgestel is.Gustavson, bl. 6 Teen 1837 was hy in staat om beelde te fikseer met ’n gewone soutoplossing. Hy het die proses "daguerreotipe" genoem en ’n paar jaar lank gesukkel om dit kommersieel suksesvol te maak. Die Franse regering het eindelik Daguerre se proses aangeskaf vir openbare gebruik.
Die eerste kamera wat vir kommersiële gebruik vervaardig is, was ’n daguerreotipe-kamera wat deur Alphonse Giroux gebou is. Dit was ’n dubbelhouer-ontwerp met ’n landskaplens aan die buitenste houer, en ’n fokusskerm en beeldplaat aan die binneste houer. Deur die binneste houer te skuif kon voorwerpe in fokus gebring word. ’n Wiel met groewe wat ’n koperflap voor die lens beheer het, het as sluiter gedien. Die beligtingstyd was in 1839 enigiets van 5 tot 30 minute.Gustavson, bl. 8-9Frizot, bl. 39
In 1839 is soortgelyke kameras vervaardig met koperplate wat met silwer bedek was; dit was die eerste praktiese fotografiese medium. Kolodionprosesse het in die 1850's die daguerreotipe vervang. Die eerste kameras van dié soort was eenvoudig, maar meer ingewikkelde ontwerpe het later die lig gesien. Met die Dubroni van 1864 is die ontwikkeling van die plate in die kamera self gedoen in plaas van in ’n donkerkamer. Ander kameras is met veelvoudige lense toegerus om verskeie klein foto's op ’n enkele groot plaat te maak, byvoorbeeld vir visitekaartjies. In dié tyd het die gebruik van kamerakonsertinas (bellows) algemeen geraak en die groter en swaarder boksontwerpe het verdwyn.
Jare lank was die beligtingstye lank genoeg sodat fotograwe bloot die lens se deksel afgehaal het om ’n foto te neem en dan weer die deksel teruggeplaas het nadat hulle die sekondes of minute afgetel het wat hulle gedink het nodig was vir die regte beligting. Nadat sensitiewer fotografiese materiale beskikbaar geraak het, het kameras meganiese sluitermeganismes begin gebruik wat korter en akkurater beligtingstye moontlik gemaak het.
Die eerste kamera wat digitale tegnologie gebruik het om beelde te neem en stoor, is in 1975 deur die Kodak-tegnikus Steven Sasson ontwerp. Sy kamera het swart-wit foto's op ’n kasset gestoor.Gustavson (500 Cameras), bl. 442 Die beelde is dan van die kasset af gelees en op ’n TV-skerm gekyk.Hitchcock, bl. 225
Meganika Beeldvaslegging duimnael|’n 19de-eeuse ateljeekamera met ’n konsertina om te fokus. Tradisionele kameras vang lig vas op ’n fotografiese film of plaat. Video- en digitale kameras gebruik elektroniese beeldsensors en beelde word dan in ’n geheuekaart binne die kamera gestoor.
Kameras wat een beeld op ’n slag neem, staan bekend as stilkameras en dié wat ’n reeks beelde neem as rolprent- of videokameras. Soms oorvleuel die kameras, want baie moderne stilkameras kan ook video's neem.
Lens duimnael|’n Leica M9 met ’n Summicron-M 28/2 ASPH-lens. Die lens van die kameras vang die lig op en fokus dit op die film of sensor. Die ontwerp en vervaardiging van die lens is belangrik vir die gehalte van die foto's wat geneem word. Die tegnologiese rewolusie in kamera-ontwerp in die 19de eeu het ’n groot verbetering van optiese glas en lensontwerp tot gevolg gehad, wat groot voordele vir ander optiese instrumente ingehou het, van brille tot mikroskope.
Kameralense is beskikbaar in ’n groot verskeidenheid fokusafstande. Hulle wissel van uiters wyehoeklense tot telefotolense. Elk is goed vir ’n sekere soort fotografie. Eersgenoemde is veral geskik vir byvoorbeeld die afneem van geboue, want dit gee ’n wye beeld van die gebou. Laasgenoemde word weer dikwels vir sport- of wildfotografie gebruik omdat dit die voorwerp nader bring, hoewel dit meer geneig is om enige beweging deur die fotograaf te registreer. Normale lense is geskik vir portret- of dokumentêre foto's omdat dit gewoonlik ’n redelik groot lensopening het.
Fokus duimnael|Die afstand waarbinne foto's in fokus is (genoem die velddiepte) kan deur baie kameras verstel word. Dit kan byvoorbeeld help om die voorwerp wat afgeneem word teen ’n dowwe agtergrond te laat uitstaan. Vanweë die optiese eienskappe van ’n lens sal net voorwerpe binne sekere afstandsgrense in fokus wees. Die fokus kan egter verstel word en daar is verskeie maniere om dit te doen. Die eenvoudigste kameras het ’n vaste fokus en gebruik ’n klein lensopening en wyehoeklens om te verseker alles binne ’n sekere afstand van die kamera (gewoonlik sowat 3 meter) tot in oneindigheid is redelik gefokus. Dit word gewoonlik in goedkoper kameras aangetref.