Filmspoed is die graad van ’n fotografiese film se gevoeligheid vir lig. Dit word volgens verskeie skale gemeet, waarvan die mees onlangse die ISO-stelsel is. ’n Verwante stelsel word in digitale kameras gebruik.
Relatief onsensitiewe films, met ’n ooreenstemmende lae ISO-nommer, vereis meer beligting om dieselfde beelddigtheid te produseer as ’n sensitiewer film, en dit word dus ’n "stadige film" genoem. Baie sensitiewe films word "vinnige films" genoem. In beide film- en digitale fotografie lei die vermindering van beligting vanweë hoër sensitiwiteit tot ’n laer beeldgehalte. Hoe hoër die sensitiwiteit, hoe "korrelriger" sal die beeld dus wees.
duimnael|regs|Hierdie filmhouer dui die filmspoed aan as ISO 100/21°
Vergelyking tussen ISO en DIN Die standaarde ASA (vir American Standards Association) en DIN (vir Deutsches Institut für Normung) word sedert 1974 gekombineer in die ISO-standaard. (Die DIN-standaard word gewoonlik deur 'n gradeteken gevolg, bv. 21°) Hoewel die meetmetodes vir ISO/ASA en DIN op verskillende uitgangspunte gebaseer is, word die volgende omrekenings algemeen gebruik (van lae na hoë gevoeligheid):
ISO/ASADIN25 1532 1640 1750 1864 1980 20100 21125 22160 23200 24250 25320 26400 27640 29800 301600 333200 36
Let daarop dat die DIN-waarde met drie toeneem vir elke verdubbeling van die ISO/ASA-waarde. Die waardes met ’n liggrys agtergrond word in die praktyk selde gebruik.
Eksterne skakels What is the meaning of ISO for digital cameras? Digitale fotografie: veel voorkomende vrae
Kategorie:Fotografiese tegniek