Paulus VI (26 September 1897 – 6 Augustus 1978) was die 262ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 15 jaar, 1 maand en 17 dae, van 1963 tot 1978. Hy laat die Tweede Vatikaanse Konsilie wat deur sy voorganger Pous Johannes XXIII begin is, hervat. Hy was die eerste pous wat per vliegtuig om die wêreld gereis het.

Biografie Pous Paulus VIPaul VI. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica. is gebore as Giovanni Battista Montini (meer volledig Giovanni Battista Enrico Antonio Maria Montini) op 26 September 1897 in Concesio by Brescia, Italië. Hy is die seun van Giorgio Montini en Giudetta Alghisi. Op 29 Mei 1920 word hy priester gewy. In 1921 behaal hy 'n doktorsgraad in teologie aan die Gregoriaanse Universiteit in Rome. In 1954 word hy aartsbiskop van Milaan. Pous Johannes XXIII stel Montini aan as kardinaal priester op 15 Desember 1958. Op 21 Junie 1963 volg hy Pous Johannes XXIII op en regeer tot sy dood op 6 Augustus 1978. Hy word opgevolg deur Pous Johannes Paulus I. Die naam ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'.

Kerklike loopbaan 29 Mei 1920 – Priester gewy 12 Desember 1954 – Aartsbiskop van Milaan 15 Desember 1958 – Kardinaal-priester 21 Junie 1963 – Pous van Rome.

Pontifikaat duimnael|links|Pous Paulus VI tydens die Tweede Vatikaanse Konsilie (1963–1965) Na die dood van Pous Johannes XXIII kies die kardinale Montini as nuwe pous na twee dae se konklaaf op 21 Junie 1963. As sy vernaamste taak het hy die voortsetting van die Tweede Vatikaanse konsilie op hom geneem. Hy het ook dadelik die tweede sitting begin voorberei. Hy het aktief toenadering na ander religieuse groeperinge gesoek.

In die laaste jaar van sy lewe is Paulus swaar geskok deur die moord op Aldo Moro premier van Italië en vriend van die pous. Sy laaste openbare optrede was die begrafnisdiens vir Moro. Twee maande later op 6 Augustus 1978 beswyk hy aan 'n hartaanval in sy vakansiehuis Castel Gandolfo.

Die kollege van kardinale Die mees verreikende beleid van Paulus was die verandering van die aard en omvang van die Kollege van Kardinale. Deur sy motu proprio (Ingravescentem Ætatem) kondig hy aan dat kardinale van 80 jaar en ouer nie meer mag deelneem aan die konklaaf by die verkiesing van 'n nuwe pous. In Ecclesiae Sanctae bepaal hy dat biskoppe en hoë Kuriefunktionarisse op hulle 75ste verjaarsdag vrywillig hulle ontslag moet aanbied. Beide reëlings laat Paulus toe om die kerk ingrypend te vernuwe. Hy verhoog ook die maksimum aantal kardinale aansienlik. Paulus het 'n groot aantal nuwe kardinale aangestel veral ook uit lande wat nog nooit 'n kardinaal gehad het nie. Die persentasie Italianers in die kollege het aansienlik gedaal en lande in Afrika en Suid-Amerika kry baie meer mag. Dit was ook die oorsaak daarvan dat in 1978 vir die eerste keer in baie eeue 'n nie-Italiaan as pous gekies is.

Pous Paulus VI het 143 nuwe kardinale aangestel in 6 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit hier gehou.

Saligverklarings 1963 – Carlos Manuel Rodrigues Santiago 1963 – Pous Johannes XIII 1963 – Maria Guadalupe Garcia Zavala 1963 – Oleksiy Zarytskyi 1964 – Anwarite Nengapeta 1964 – Cyprianus Michael Iwene Tansi 1964 – Simeon Lukach 1965 – Maria orsini Beltrame Quattrocchi 1967 – Maria Alvarado Cardozo 1968 – Padre Pio van Pietrelcina 1971 – James Alberione 1971 – Vasyl Velychkovsky 1974 – Maria Maravillas van Jesus 1975 – Josemaria Escriva de Balaguer 1976 – Gabriele Allegra

Heiligverklarings 18 Oktober 1964 – Martelare van Oeganda 29 Oktober 1967 – Bénilde Romançon 22 Junie 1969 – Julie Billiart 25 Januarie 1970 – Maria Soledad 3 Mei 1970 – Leonardo Murialdo 10 Mei 1970 – Thérèse Couderc 31 Mei 1970 – Johannes van Ávila 21 Junie 1970 – Nikola Tavelić en 3 medewerkers 25 Oktober 1970 – Veertig martelare van Engeland en Wallis 27 Januarie 1974 – Teresa van Jesus 25 Mei 1975 – Johannes Baptist van die Ontvangenis en Vincentia Maria López y Vicuña 14 September 1975 – Elizabeth Ann Seton 28 September 1975 – Juan Macías 12 Oktober 1975 – Oliver Plunkett 3 Oktober 1976 – Beatrice van Silva 17 Oktober 1976 – John Ogilvie 19 Junie 1977 – John Neumann 9 Oktober 1977 – Charbel Makhluf

Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete ‘’’Pous Paulus ‘’’ skryf sewe ensiklieke. In “Ecclesiam suam” van 6 Augustus 1964 en “Mysterium fidei” van 3 September 1965 beskryf hy die konsilieproblematiek. Twee word gewy aan Mariaverering: “Mense Maio” van 29 April 1965 oor die maand Mei en “Christi Matri Rosarii” van 15 September 1966 oor die rosekrans. “Populorum Progressio” van 26 Maart 1967 is gewy aan die kloof tussen arm en ryk lande. Die priesterlike selibaat en geboortebeperking kom aan bod in “Sacerdotalis Caelibatus” van 24 Junie 1967 en “Humanae Vitae” van 25 Julie 1968.

Verering Op 20 Desember 2012 word pous Paulus VI eerbiedwaardig verklaar deur Pous Benedictus XVI. Dit is die eerste stap op die pad na saligverklaring. Op 19 Oktober 2014 is hy deur Pous Franciskus salig en op 14 Oktober 2018 heilig verklaar. Sy gedenkdag is op 26 September.

Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. . Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .

Verwysings

Eksterne skakels

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Kategorie:Italiaanse pouse Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Geboortes in 1897 Kategorie:Sterftes in 1978