Therapsida, of die terapsides, is ’n groep sinapsides en sluit soogdiere en hul voorsate in.Therapsida - Encyclopedia Britannica Baie van die kenmerke wat vandag beskou word as uniek aan soogdiere, was reeds by die vroeë terapsides aanwesig – ook die regop houding. Die vroegste fossiel wat as Therapsida geklassifiseer is, is Tetraceratops insignis uit die Vroeë Perm-periode.M. Laurin & R. R. Reisz. 1996. The osteology and relationships of Tetraceratops insignis, the oldest known therapsid. Journal of Vertebrate Paleontology 16(1): 95-102.J. Liu, B. Rubidge & J. Li, New basal synapsid supports Laurasian origin for therapsids, 2009, Acta Palaeontol. Pol., 54 (3): 393-400 Alhoewel die soogdieragtige reptiele in dieselde tyd as sommige vroeë dinosourusse geleef het, is die twee groepe nie te verwar nie. Laasgenoemde was naamlik archosaurusse, 'n groep in Diapsida.
Herkoms en diversiteit duimnael|links|’n Skets van ’n Pristerognathus, ’n katgrootte terosefaliër-terapside Terapsides het 275 miljoen jaar gelede ontwikkel uit die uitgestorwe orde Pelycosauria (meer spesifiek uit Sphenacodontia). Hulle het die pelikosouriërs in die Middel-Perm vervang as die oorheersende landdiere en is op hul beurt in die Trias deur die archosouromorfe vervang, hoewel een groep terapsides, Kannemeyeriiformes, nog in die Laat-Trias volop was. Die terapsides het Cynodontia ingesluit, die groep wat in die Laat Trias sowat 225 miljoen jaar gelede gelei het tot die soogdiere. Van die terapsides wat nie soogdiere was nie, het net Cynodontia en Dicynodontia die Trias-Jura-uitwissing oorleef. Die laaste groep van dié diere, Tritylodontidae, het in die Vroeë Kryt uitgesterf, sowat 100 miljoen jaar gelede.
Eienskappe Hoewel die vroeë terapsides se skedels baie soos dié van hul pelikosouriër-voorsate lyk, is daar verskille in die res van die lyf.
Pote en voete Hul pote is meer vertikaal onder die lyf geleë as die uitgespreide pote van reptiele en pelikosouriërs. Die voete was meer simmetries, met die eerste en laaste tone kort en die middelste tone langer. Dit is ’n aanduiding dat die as van die voet parallel met die dier se lyf was en nie na die kant uitgesprei nie. Dit sou aan hulle ’n meer soogdieragtige houding gegee het as die akkedisagtige houding van die pelikosouriërs.
Kake en tande Terapsides se openings by hul slape is groter as by pelikosouriërs. Die kake van sommige terapsides is ingewikkelder en sterker, en hul tande bestaan uit verskillende soorte: voortande om te byt, groot oogtande om te skeur en kiestande om te kou.
Taksonomie Klassifikasie duimnael|200px|Biarmosuchus (’n lid van Biarmosuchia ) regs|duimnael|200px|Estemmenosuchus (’n lid van Dinocephalia) regs|duimnael|200px|Anteosaurus (’n lid van Anteosauria) regs|duimnael|200px|Inostrancevia (’n lid van Gorgonopsia) regs|duimnael|200px|Bauria (’n lid van Therocephalia) regs|duimnael|200px|Oligokyphus (’n lid van Cynodontia) Klas Synapsida ORDE THERAPSIDA* ?Familie †Tetraceratopsidae Suborde †Biarmosuchia* Familie †Biarmosuchidae Familie †Eotitanosuchidae Eutherapsida Suborde †Dinocephalia Familie †Estemmenosuchidae ?Infraorde †Anteosauria Familie †Anteosauridae Familie †Brithopodidae Familie †Deuterosauridae Familie †Syodontidae ?Familie †Stenocybidae †Tapinocephalia Familie †Styracocephalidae Familie †Tapinocephalidae Familie †Titanosuchidae Neotherapsida Suborde †Anomodontia* Superfamilie †Venyukoviamorpha Familie †Otsheridae Familie †Venyukoviidae Infraorde †Dromasauria Familie †Galeopidae Infraorde †Dicynodonta Familie †Endothiodontidae Familie †Eodicynodontidae Familie †Kingoriidae (Geen rang) †Diictodontia Superfamilie †Emydopoidea Familie †Cistecephalidae Familie †Emydopidae Superfamilie †Robertoidea Familie †Diictodontidae Familie †Robertiidae (Geen rang) †Pristerodontia Familie †Aulacocephalodontidae Familie †Dicynodontidae Familie †Kannemeyeriidae Familie †Lystrosauridae Familie †Oudenodontidae Familie †Pristerodontidae Familie †Shanisiodontidae Familie †Stahleckeriidae Theriodontia* Suborde †Gorgonopsia Familie †Gorgonopsidae Eutheriodontia Suborde †Therocephalia Familie †Lycosuchidae (Geen rang) †Scylacosauria Familie †Scylacosauridae Infraorde †Eutherocephalia Familie †Hofmeyriidae Familie †Moschorhinidae Familie †Whaitsiidae Superfamilie Baurioidea Familie †Bauriidae Familie †Ericiolacteridae Familie †Ictidosuchidae Familie †Ictidosuchopsidae Familie †Lycideopsidae Suborde Cynodontia* Familie †Dviniidae Familie †Procynosuchidae (Geen rang) Epicynodontia Familie †Galesauridae Familie †Thrinaxodontidae Infraorde Eucynodontia (Geen rang) †Cynognathia Familie †Cynognathidae Familie †Diademodontidae Familie †Traversodontidae Familie †Trirachodontidae Familie †Tritylodontidae (Geen rang) Probainognathia Familie †Chinquodontidae Familie †Probainognathidae (Geen rang) †Ictidosauria Familie †Tritheledontidae (Geen rang) Mammaliaformes Klas Mammalia
Filogenie
Verwysings
Bronnelys Benton, M.J. (2004). Vertebrate Palaeontology, 3de uitg, Blackwell Science. Carroll, R.L. (1988). Vertebrate Paleontology & Evolution. W.H. Freeman & Company, New York. Kemp, T.S. (2005). The origin and evolution of mammals. Oxford University Press. Romer, A.S. (1966). Vertebrate Paleontology. University of Chicago Press, 1933; 3de uitg.
Eksterne skakels Therapsida: Mammals and extinct relatives , "Tree of Life" Therapsida: ’n oorsig , "Palaeos"
Kategorie:Tetrapoda Kategorie:Uitgestorwe spesies