duimnael|links|Thrinaxodon uit die Suid-Afrika van die Vroeë Trias.

Cynodontia, of die sinodonte ("met hondetande"), is terapsides wat in die Laat Perm-periode sowat 260 miljoen jaar gelede die eerste keer hul verskyning gemaak het. Die groep sluit moderne soogdiere in, sowel as hul uitgestorwe voorsate en naby-verwante. Sinodonte wat nie soogdiere was nie, het deur Suid-Gondwana versprei en fossiele is in Suid-Amerika, Afrika, Indië en Antarktika ontdek. In die Noordelike Halfrond is fossiele ontdek in die oostelike Noord-Amerika, België en Noordwes-Frankryk. Cynodontia is een van die uiteenlopendste groepe terapsides.

Eienskappe Die vroeë sinodonte het baie van die moderne soogdiere se eienskappe gehad, soos verskillende soorte tande vir byt, skeur en kou, en die breinholte het agtertoe gebult. Die meeste sinodonte het waarskynlik eiers gelê. Die openinge by die slape was baie groter as by hul voorsate en die vorming van ’n meer soogdieragtige skedel sou sterker kaakspiere moontlik gemaak het. Hulle was moontlik warmbloedig.

Filogenie duimnael|226px|Procynosuchus duimnael|226px|Exaeretodon duimnael|226px|Diademodon duimnael|226px|Tritylodon duimnael|226px|Oligokyphus

Hier onder is ’n kladogram van Ruta, Botha-Brink, Mitchell en Benton (2013), wat een teorie wys van die verwantskappe tussen sinodonte:Ruta, M.; Botha-Brink, J.; Mitchell, S.A.; Benton, M.J. (2013). "The radiation of cynodonts and the ground plan of mammalian morphological diversity". Proceedings of the Royal Society B: Biological Sciences 280 (1769): 20131865. doi:10.1098/rspb.2013.1865

Verwysings

Eksterne skakels Palaeos cynodonts Filogenie van Cynodontia

Kategorie:Soogdiere Kategorie:Uitgestorwe spesies