Mantophasmatidae is 'n karnivoriese suborde van insekte wat in 2001 ontdek is en in Afrika voorkom.K.-D. Klass, O. Zompro, N.P. Kristensen, J. Adis. Mantophasmatodea: a new insect order with extant members in the afrotropics Science, 296 (2002), pp. 1456–1459Adis, J., O. Zompro, E. Moombolah-Goagoses, and E. Marais. 2002. Gladiators: A new order of insect. Scientific American 287:60-65. Die suborde behoort tot die orde Notoptera, maar is aanvanklik as 'n orde in eie reg, naamlik Mantophasmatodea, beskou. Onlangse studies het egter getoon dat dit 'n sustergroep van die Grylloblattidae (voorheen in die orde Grylloblattodea) is.Terry, M.D., and M.F. Whiting. 2005. Mantophasmatodea and phylogeny of the lower neopterous insects. Cladistics 21(3): 240–257. Arillo & Engel het die groepe in 'n enkele orde, naamlik Notoptera saamgevoeg.

Beskrywing Hierdie insekte staan as "Manto's" of "Gladiators" bekend en lyk soos 'n kruising tussen 'n stokinsek en 'n hottentotsgot. Hulle stap meestal op hul agterpote en is grys, bruin of groen van kleur. Die wyfie is effens groter as die mannetjie en eet partykeer haar maat ná paring, 'n ritueel wat tot vyf dae kan duur. Hulle is aggressiewe nagjagters, is vlerkloos (selfs as volwassenes) en het kenmerkende groot oë.Nog nuwe insekte gekry 4 spesies in Namakwaland aangetref, Beeld, 26 September 2002

Verspreiding Mantophasmatidae is endemies aan die westelike dele van Suid-Afrika en aan Namibië. Fossiele uit die Eoseen-tydperk toon egter dat dit vantevore 'n veel groter verspreidingsgebied gehad het.

Klassifikasie duimnael|Ongeïdentifiseer in die Zoologische Staatssammlung München.

Die mees onlangse klassifikasie onderskei tussen verskeie genera, fossiele insluit:

Basaal en incertae sedis Genus †Raptophasma Zompro, 2001 Genus †Adicophasma Engel & Grimaldi, 2004 Genus †Ensiferophasma Zompro, 2005 (behoort moontlik nie aan Mantophasmatodea nie) Subfamilie Tanzaniophasmatinae Genus Tanzaniophasma Klass, Picker, Damgaard, van Noort, Tojo, 2003 Subfamilie Mantophasmatinae Tribus Tyrannophasmatini Genus Praedatophasma Zompro & Adis, 2002 Genus Tyrannophasma Zompro, 2003 Tribus Mantophasmatini Zompro, Klass, Kristensen, Adis, 2002 (parafileties?) Genus Chrisphasmanae Zompro, Klass, Adis, 2001 Genus Mantophasma Zompro, Klass, Kristensen, Adis, 2002 Genus Sclerophasma Klass, Picker, Damgaard, van Noort, Tojo, 2003 Tribus Austrophasmatini Klass, Picker, Damgaard, van Noort, Tojo, 2003 Genus Viridiphasma Eberhard, Picker, Klass, 2011Eberhard, MJB, MD Picker and KD Klass. (2011). Sympatry in Mantophasmatodea, with the description of a new species and phylogenetic considerations. Organisms Diversity & Evolution 11(1): 43-59. Genus Austrophasma Klass, Picker, Damgaard, van Noort, Tojo, 2003 Genus Hemilobophasma Klass, Picker, Damgaard, van Noort, Tojo, 2003 Genus Karoophasma Klass, Picker, Damgaard, van Noort, Tojo, 2003 Genus Lobatophasma Klass, Picker, Damgaard, van Noort, Tojo, 2003 (voormalig Lobophasma) Ten minste 3 spesies van een of meer nuwe genera

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Insekte