duimnael|links|Duitse kolonies in Afrika met Oos-Afrika in 1913 duimnael|links|Duitse koloniale troepe tydens 'n geveg met inheemse bewoners in Oos-Afrika duimnael|links|Kaart van Duits-Oos-Afrika in 1892 Duits-Oos-Afrika (Duits: Deutsch-Ostafrika, DOA) was vanaf 1885 tot 1918 'n kolonie van die Duitse Keiserryk op die gebied van Tanganjika (tans Tanzanië), Rwanda, Burundi en 'n klein gebied in die noorde van Mosambiek. Met 'n oppervlakte van 995 000 km² was dit omtrent twee keer groter as die Duitse Keiserryk self. Duits-Oos-Afrika het in 1913 'n bevolking van ongeveer 7,7 miljoen gehad en was daarmee die grootste Duitse kolonie.

Op 1 Julie 1890 is die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag" tussen die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken. Daarmee het Helgoland en die Kaprivistrook deel van die Duitse Keiserryk geword, terwyl Wituland (tans in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf is.

Tydens die Oos-Afrika-veldtog is Duits-Oos-Afrika in 1918 deur Geallieerde troepe van Portugal en die Verenigde Koninkryk verower. Ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog het Oos-Afrika as gevolg van die Verdrag van Versailles 'n Volkebondmandaat van België en die Verenigde Koninkryk geword en dele hiervan is by Portugees-Mosambiek ingelyf. Die gebied het in 1961 onafhanklik geword as Tanganjika, wat in 1964 met Zanzibar tot die huidige Tanzanië saamgesluit het.

Goewerneurs Administrateur: Carl Peters (1885–1888)

Rykskommissaris: Hermann Wissmann (1888–1891)

Goewerneurs: Julius von Soden (1891–1893) Friedrich von Schele (1893–1895) Hermann von Wissmann (1895–1896) Eduard von Liebert (1896–1901) Gustav Adolf von Götzen (1901–1906) Albrecht von Rechenberg (1906–1912) Heinrich Schnee (1912–1918)

Vlae en wapens

Sien ook Duits-Kameroen Duits-Suidwes-Afrika

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia</small> 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>

Eksterne skakels

Die Kolonie Deutsch-Ostafrika – Stiftung Deutsches Historisches Museum

Kategorie:Burundi Kategorie:Geskiedenis van Mosambiek Kategorie:Geskiedenis van Tanzanië Kategorie:Rwanda Kategorie:Voormalige Duitse kolonies