Ásgeir Trausti Einarsson (geb. 1 Julie 1992, dus jaar oud) is 'n Yslandse solo sanger-liriekeskrywer wie se musiek as melodiese folk beskryf word. Voor 2013, terwyl hy hoofsaaklik in Ysland musikaal aktief was, het hy onder die verhoognaam Ásgeir Trausti te werk gegaan. Sedertdien, en met die internasionale mark as teiken, word sy musiek onder die mononiem Ásgeir bekendgestel. Ásgeir tree op saam met sy eie instrumentgroep, die Ásgeir Trausti Band. Hy speel ook kitaar in die Yslandse musiekgroep The Lovely Lion.
Ásgeir se debuutalbum heet Dýrð í dauðaþögn (2012; "Heerlikheid in doodsestilte"). Met Dýrð í dauðaþögn word Ásgeir die snel rysendste Yslandse ster: albumverkope steek dié van internasionale Yslandse sensasies Sigur Rós en Björk verby, en teen April 2014 besit een uit elke tien Yslanders 'n kopie van Ásgeir se album.
Die eerste enkelsnit van Dýrð í dauðaþögn, "Sumargestur" ("somergas"), het die tweede posisie op die Yslandse trefferlys Tónlist behaal. Hierna is "Leyndarmál" ("geheim") vrygestel wat vir ses weke in eerste posisie op Tónlist gebly het,Arnareggert.is: Nýtt lag frá Ásgeiri Trausta gevolg deur die titelsnit "Dýrð í dauðaþögn" wat drie weke in eerste posisie op Tónlist gebly het.
In 2012 werk Ásgeir saam met Blaz Roca aan die Kersfeessnit "Hvítir skór" ("wit skoene"), wat vir nege opeenvolgende weke oor die Kerstydperk van 2012/2013 in die boonste posisies op die Yslandse Trefferlys gebly het."Hvítir skór" op YouTube
Op 28 Oktober 2013 stel Ásgeir 'n Engelstalige weergawe van Dýrð í dauðaþögn op iTunes vry onder die titel In the Silence ("In die stilte"). Die plaat is internasionaal op 27 Januarie 2014 vrygestel. Die Engelse vertaling en reproduksie van die album is bygestaan deur die Amerikaanse sanger John Grant. Hierdie uitgawe het trefferlyste in Nederland en België behaal.
Diskografie Ateljeealbums Dýrð í dauðaþögn (2012) In the Silence (2013 op iTunes; 2014)
Regstreeks The Toe Reg Sessions (2013)
Enkelspelers "Sumargestur" (2012) "Leyndarmál" (2012) "Dýrð í dauðaþögn" (2012) "Nýfallið regn" (2013) "Hærra" (2013) "Heimförin" (2013) "King and Cross" (2013) "Going Home" (2013) "Torrent" (2013) "Frá mér til ykkar" (2014)
Samewerkings "Hvítir skór" (2012; met Blaz Roca)
Videografie "King and cross" (2013) (geskryf, verfilm en geregisseer deur Arni & Kinski) "Torrent" (2013) (geregisseer deur Jónatan Grétarsson)
Toekennings Toegeken Yslandse Musiektoekennings 2012Kanadese Musiekfees: Ásgeir Trausti se bladsy Album van die jaar (Dýrð í dauðaþögn) Beste nuweling: pop, rock, en blues (Ásgeir Trausti) Publiek se keusetoekenning (Ásgeir Trausti) icelandicmusic.is se aanlynprestasietoekenning (Ásgeir Trausti)
Kraumur-toekennings 2012 Kraumur-toekenning 2012 (Dýrð í dauðaþögn)
Europese Kommissie-toekennings 2014 Europese grensbrekertoekenning (Ásgeir)
Genomineer Yslandse Musiektoekennings 2012 Lirikus van die jaar: pop en rock (Dýrð í dauðaþögn) Manlike sanger van die jaar: pop, rock, jazz, en blues (Dýrð í dauðaþögn)
Nordiese Musiektoekennings 2013 Beste Nordiese album van die jaar: 2012 (Dýrð í dauðaþögn)
Sien ook Ásgeir (naam)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Diskografie op Discogs iTunes Facebook Soundcloud Twitter YouTube
Kategorie:Yslandse musici Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense