Rudolf Joseph Lorenz Steiner (* 27 Februarie 1861 in Kraljevec, Keiserryk Oostenryk, tans Kroasië; † 30 Maart 1925 in Dornach, Switserland) was 'n Oostenrykse esoteriese denker, filosoof en opvoedkundige wat veral bekendheid verwerf het as die grondlegger van die antroposofie, 'n esoteriese wêreldbeskouing wat by vroeëre esoteriese strominge soos teosofie, die Orde van die Rosekruisers, die Gnosis en die idealistiese filosofie aansluit.Gerhard Wehr: Rudolf Steiner. Leben - Erkenntnis - Kulturimpuls. Diederichs 2005, bl. 23
Met hierdie wêreldbeskouing as basis het Steiner aanbevelings gemaak vir 'n verskeidenheid lewensterreine, waaronder opvoedkunde (Waldorf-pedagogiek), kuns (euritmie), antroposofiese argitektuur, godsdiens (die Christegemeenskap) of landbou (biologies-dinamiese landbou).
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Oostenrykse filosowe Kategorie:Spirituele leiers Kategorie:Esoterici Kategorie:Geboortes in 1861 Kategorie:Sterftes in 1925