London City-lughawe (IATA: LCY, ICAO: EGLC) is die kleinste van die vyf lughawens in Londen. Die lughawe is in 1987 geopen en lê in Docklands, in die oostelike deel van die stad, nie te ver van die stadskern af nie. Die lughawe het 'n aanloopbaan van slegs 1650 meter en daar is geen verbindingspaaie nie. Die lughawe hanteer tans ongeveer 3.4 miljoen reisigers per jaar, hoofsaaklik sakereisigers, wat voordeel trek uit die kort afstand tussen die lughawe en die stad.

duimnael|links|'n De Havilland Canada Dash 7 maak sy steil nadering na LCY vanuit die weste terwyl 'n London City Airways DHC-7 voorberei om te vertrek na Amsterdam in 1988 In 'n meningspeiling onder reisdeskundiges, wat in 2014 in opdrag van Private Fly, 'n privaat aanlyn-besprekingsdiens vir lugpassasiers, gedoen is, is 'n landing op dié lughawe as een van die wêreld se tien opwindendste vlugervarings aangewys.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

City