Stefanie Gercke (gebore 7 Junie 1941 in Bubaque, Guinee-Bissau, sterf 17 Oktober 2021Wir nehmen Abschied von einer langjährigen Freundin und Autorin, melleragency.com, 7. Dezember 2021.) was 'n Duits-Suid-Afrikaanse skryfster. Sy was met die ingenieur Hans-Hermann Gercke getroud.Schwalm, Ulrike. 2003. Stefanie Gercke träumt von Afrika, Hamburger Abendblatt.
Lewensloop Stefanie Gercke is as die eerste wit kind op Bubaque, 'n eiland van die Bissago-argipel, Guinee-Bissau in Wes-Afrika, gebore. Sy is amptelik deur die eilandbewoners, die Bissagos, in hul stam opgeneem. Nadat sy en haar ouers onder druk van die Geallieerdes Guinee-Bissau moes verlaat, bly hul tot met die inval deur die Russe in Macedonië. Sy bring haar jeug- en skooljare in Lübeck en Hamburg deur. Sy ontmoet ook daar haar toekomstige eggenoot. In 1961 emigreer die egpaar na Suid-Afrika. Al twee hul seuns is in Johannesburg gebore. Later verhuis hulle na Umhlanga Rocks.
Die Gerckes bly daar ononderbroke tot einde 1978. Omrede hulle seuns as gebore Suid-Afrikaners outomaties vir diensplig gedurende die Apartheidsjare opgeroep is, waarteen hul gekant was, het die Gerckes die land in die geheim verlaat.
As kind het Stefanie besluit om modes te ontwerp en verhale te skryf. In hierdie volgorde het haar droom 'n werklikheid geword. In Hamburg het sy in die 1980's haar eie modebedryf begin. Dan volg wat sy beskryf as "lang donker jare", waar die gesin nie na Suid-Afrika kon terugkeer nie. Sy begin nostalgies "daarheen" terug te skryf.
Sedert Nelson Mandela staatspresident geword het, het die Gerckes jaarliks Suid-Afrika vir enkele weke besoek. Die egpaar was woonagtig in Sleeswyk-Holstein, hoewel Stefanie gehoop het om eendag weer permanent in Afrika te bly.
Boeke Stefanie Gercke het in haar leeftyd elf bellettristiese boeke gepubliseer wat almal handel oor haar tweede vaderland, Suid-Afrika. 'n Deel van haar werke speel in Suid-Afrika in die 19de eeu af. Die ander boeke draai om die omgaan van die politieke verlede van Suid-Afrika.
Werke Ort der Zuflucht. Heyne, München 2019, . Junigewitter. Heyne, München 2015, . Nachtsafari. Heyne, München 2013, . Jenseits von Timbuktu. Heyne, München 2011, . Schwarzes Herz. Heyne, München 2009, . Über den Fluss nach Afrika. Heyne, München 2007, . Feuerwind. Heyne, München 2006, . Schatten im Wasser. Heyne, München 2006, . Ein Land, das Himmel heißt. Droemer Knaur, München 2003, . Ins dunkle Herz Afrikas. Droemer Knaur, München 2001, . Ich kehre zurück nach Afrika. Droemer Knaur, München 1999, .
Verwysings
Bronne Lewensloop van Stefanie Gercke
Eksterne skakels
''Stefanie Gercke by afrikaroman.de, besoek op 29 Oktober 2010
Kategorie:Duitse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense