thumb|240px|Die Harbinskedel, die holotipe van die spesies Homo longi, is 'n Denisovaskedel. alt=|thumb|240px|Die Denisovagrot, waar die eerste Denisovafossiele ontdek is.
Die Denisovamens, ook genoem die Denisovahominien of Homo denisova, is ’n uitgestorwe spesie of subspesie van argaïese mense wat gedurende die vroeë of middelste deel van die Paleolitikum oor Asië versprei was en volgens huidige bewyse van 285 000 tot 30 000 jaar gelede geleef het. Die meeste van wat oor hulle bekend is, kom uit DNS-bewyse.
Hoewel baie onlangse fossiele ontdek en tentatief as Denisovamense geïdentifiseer is, was die eerste Denisovamense wat ontdek is slegs uit enkele fisieke oorblyfsels bekend. Gevolglik is geen formele spesienaam nog vasgestel nie. ’n Ontleding van die mitochondriale DNS en endogene proteïene uit die Harbinskedel, wat die naam Homo longi gekry het (van die Provinsie Heilongjiang waar dit ontdek is), het egter met groot sekerheid getoon dié spesie verteenwoordig Denisovamense.
Die eerste identifikasie van ’n Denisova-individu het in 2010 plaasgevind, gebaseer op mitochondriale DNS (mtDNS) wat uit ’n jongeling se vingerbeen onttrek is wat in 2008 in die Siberiese Denisovagrot in die Altaigebergte in Rusland opgegrawe is. Kern-DNS toon noue verwantskap met Neanderdallers. Die grot is ook periodiek deur Neanderdallers bewoon. Verdere spesimens uit die Denisovagrot is later geïdentifiseer, asook uit Tibet, Laos, Taiwan en Mantsjoerye.
DNS-bewyse dui daarop dat hulle donker velle, oë en hare en ’n Neanderdalagtige bou gehad het. Gebaseer op die Harbinskedel, was hulle skedel, nes ander argaïese mense s'n, laag en lank met groot, ontwikkelde wenkbrourande, wye oogkaste en ’n groot mond. Die twee bestaande Denisovakake toon dat hulle, soos Neanderdallers, nie ’n ken gehad het nie. Soos moderne mense en die veel vroeëre Homo antecessor, maar anders as Neanderdallers, was die gesig redelik plat, maar met ’n groter neus. Hulle het egter groter kiestande gehad wat herinner aan dié van argaïese mense en Australopithecus. Die breinkapasiteit, en dus die breingrootte, van die Denisovamense was binne die omvang van moderne mense en Neanderdallers.
Denisovamense het gekruis met moderne mense, met ’n hoë persentasie (ongeveer 5%) Denisova-DNS wat in Melanesiërs en inheemse Australiërs en Filippyne voorkom. Ter vergelyking het Asiërs en inheemse Amerikaners 0,2% Denisova-afkoms. In 2018 is in 'n studie bevind dat Suid-Asiërs Denisovakruising op ’n vlak soortgelyk aan dié van Oos-Asiërs toon. ’n Ander studie het gevind dat die hoogste Denisova-afkoms in bewoners van die Pasifiese eilande (~2,0%) voorkom, terwyl die meeste bevolkings van inheemse Amerikaners, Oos-Asiërs en Suid-Asiërs soortgelyke hoeveelhede (~0,1%) het. Dié verspreiding dui daarop dat Denisova-bevolkings oor Asië heen bestaan het. Daar is ook bewyse van kruisteling met die Altai-Neanderdallerbevolking, met sowat 17% van die Denisovagenoom uit die Denisovagrot wat van hulle afkomstig is. ’n Eerstegenerasiehibried met die bynaam "Denny" is ontdek, met ’n Denisovavader en ’n Neanderdallermoeder.
Daarbenewens kom 4% van die Denisovagenoom van ’n onbekende argaïese mensspesie wat meer as 'n miljoen jaar gelede van moderne mense afgeskei het.
Taksonomie Die Denisovamens is dalk 'n nuwe spesie van Homo of dalk 'n argaïese subspesie van Homo sapiens (moderne mense). Tot met die ontdekking van die Harbinskedel was daar te min fossiele om 'n eie taksonnaam te bepaal. Van die spesiename wat vir die Denisovamens voorgestel is, sluit in H. sapiens altaiensis of H. altaiensis (Derevianko, 2011), H. denisoviensis (Picq, 2011), H. denisovan (Gabriel & Mihaela, 2011) en H. denisova (Gunbin et al., 2012).
In 2025 het Denné Reed egter gesê die informele naam "Denisovamens" is beter as die voorgestelde spesiename vanweë sy onsekere biologiese status as 'n onafhanklike evolusionêre linie.
Ontdekking Die Denisovagrot is geleë in Altai-krai, Rusland, in Suidsentraal-Siberië, aan die westelike rande van die Altaigebergte. Dit is genoem na Denis (Dionisi), ’n Russiese Ougelowige kluisenaar wat in die 18de eeu daar gewoon het. Die grot is die eerste keer in die 1970’s vir fossiele ondersoek deur die Sowjetse paleontoloog Nikolai Owodof, wat op soek was na oorblyfsels van hondagtiges.
In 2008 het Michail Sjoenkof van die Russiese Akademie van Wetenskappe en ander Russiese argeoloë die grot ondersoek en die vingerbeen van ’n jeugdige vroulike hominien ontdek, oorspronklik gedateer tot 50 000 - 30 000 jaar gelede. Die raming is later verander na 76 200 tot 51 600 jaar gelede. Die spesimen is oorspronklik die X-vrou genoem omdat matrilineêre mitochondriale DNS wat uit die been onttrek is, getoon het dit het aan ’n nuwe soort antieke hominien behoort, geneties onderskeibaar van beide kontemporêre moderne mense en Neanderdallers.
In 2019 het die Griekse argeoloog Katerina Douka en kollegas radiokoolstofdatering op spesimens uit die Denisovagrot gedoen en geraam Denisova 2 (die oudste spesimen) het 195 000 tot 122 700 jaar gelede geleef. Ouer Denisova-DNS wat uit sedimente in die Oostelike Kamer versamel is, dateer tot 217 000 jaar gelede. Op grond van artefakte wat ook in die grot ontdek is, het hominienbewoning (waarskynlik deur Denisovamense) sowat 287 of 203 millenniums gelede begin. Neanderdallers was ook teenwoordig ongeveer 193 en 97 millenniums gelede, moontlik gelyktydig met Denisovamense.
Spesimens Die fossiele van verskeie Denisova-individue uit die Denisovagrot is deur hulle antieke DNS (aDNS) geïdentifiseer: Denisova 2, 3, 4, 8, 11, 19, 20, 21 en 25. ’n mtDNS-gebaseerde filogenetiese ontleding van dié individue het daarop gedui dat Denisova 19, 20 en 21 die oudste is, gevolg deur Denisova 2 en dan Denisova 8. Denisova 3 en 4 was min of meer tydgenote. Die mtDNS van Denisova 4 het ’n hoë ooreenkoms getoon met dié van Denisova 3, wat aandui dat hulle tot dieselfde bevolking behoort het.
Die Denisovagrot het die enigste bekende voorbeelde van Denisovamense bevat tot 2019, toe ’n navorsingspan onder leiding van Fahu Chen, Dongju Zhang en Jean-Jacques Hublin ’n gedeeltelike onderkaak beskryf het wat in 1980 deur ’n Boeddhistiese monnik in die Baishija Karstgrot op die Tibettaanse plato in China ontdek is. Die fossiel is bekend as die Xiahe-onderkaak en het deel geword van die versameling van die Universiteit van Lanzhou, waar dit tot in 2010 onbestudeerd gebly het. Met proteïenontleding is bepaal dit bevat kollageen wat ’n noue verwantskap toon met dié van die Denisovamense uit die Denisovagrot. Daar is ook vasgestel dit is ouer as 160 000 jaar.
Die identiteit van dié bevolking is later bevestig deur 'n studie van omgewings-DNS, wat Denisova-mtDNS in sedimentlae gevind het wat dateer van 100 000 tot 60 000 jaar gelede, en moontlik selfs meer onlangs. ’n Herontleding in 2024 het ’n gedeeltelike Denisova-ribfragment geïdentifiseer wat dateer van tussen 48000 en 32000 v.C.
In 2018 is ’n span Laosiaanse, Franse en Amerikaanse antropoloë wat sedert 2008 grotte in die Laosiaanse oerwoud opgegrawe het, deur plaaslike kinders na die terrein Tam Ngu Hao 2 ("Kobragrot") gelei, waar hulle ’n mensetand gevind het. Die tand (katalogusnommer TNH2-1) stem in ontwikkeling ooreen met ’n kind van 3,5 tot 8,5 jaar oud. Die span het dit anatomies vergelykbaar gevind met die Xiahe-onderkaak, en dit daarom as ’n Denisovamens s'n geklassifiseer. Die tand dateer waarskynlik van 164 000 tot 131 000 jaar gelede.
In 2022 het ’n span van Duitsland, Oostenryk, Rusland en die VK drie Denisovafossiele (Denisova 19, 20 en 21) uit laag 15 van die Ooskamer in die Denisovagrot ontdek. Dit blyk dat die mtDNS-volgordes van Denisova 19 en 21 identies is, wat aandui dat hulle moontlik aan dieselfde individu behoort of moederlike verwantskap het. Die genetiese diversiteit van die Denisovamense van die Denisovagrot is aan die laer kant van wat in moderne mense gesien word, en is vergelykbaar met dié van Neanderdallers. Dit is egter moontlik dat die inwoners van die Denisovagrot geïsoleer was van ander Denisovamense, en dat die genetiese diversiteit van Denisovamense oor hulle hele verspreidingsgebied heen veel hoër kon gewees het.
In 2024 het wetenskaplikes die volgorde van Denisova 25 bekend gemaak, wat dateer van 200 000 jaar gelede.
In 2008 het ’n Taiwannese burger ’n fossiele Homo-kakebeen, wat uit die seebodem van die Taiwanstraat opgebagger is, by ’n antieke winkel gekoop en dit aan die Taiwannese Nasionale Museum van Natuurwetenskap geskenk. Pogings om DNS te onttrek was onsuksesvol, maar in 2025 is 'n proteïenontleding van die spesimen, genoem Penghu 1, gepubliseer wat getoon het dit het aan ’n Denisovaman behoort.
In 2018 is berig oor ’n relatief volledige skedel uit Harbin, China, en in 2021 is dit beskryf as H. longi. In 2025 het ontledings bevestig dat die skedel ’n Denisovamens s'n is.
Naam Fossiel-elemente Ouderdom () Ontdekking Plek Geslag en ouderdom PublikasieBeeld GenBank/Genebase Denisova 3(ook bekend as die "X-vrou") Distale falanks van die vyfde vinger 76,2-51,6 2008 Denisovagrot (Rusland) 13,5-jarige vroulike adolessent 2010 150px|center|Replika van 'n deel van die falanks. NC013993 Denisova 4 Permanente boonste 2de of 3de kiestand 84,1-55,2 2000 Denisovagrot (Rusland) Manlike volwassene 2010 150px|center|Replika van die kies van Denisova. ’n Deel van die wortels is vernietig om die mtDNS te bestudeer. Hulle grootte en vorm dui aan dit is nie 'n Neanderdaller of mens s'n nie.FR695060 Denisova 8 Permanente boonste 3de kiestand 136,4-105,6 2010 Denisovagrot (Rusland) Manlike volwassene 2015 KT780370 Denisova 2 Melktand, 2de onderste kiestand 194.4–122.7 1984 Denisovagrot (Rusland) Vroulike adolessent 2017 KX663333 Xiahe-kakebeen Gedeeltelike onderkaak > 1601980 Baishijagrot (China) 2019 150pxPenghu 1Gedeeltelike onderkaak 130-190 of 10-702008Penghukanaal (Taiwan)Manlike volwassene2015center|frameless|190x190px|Penghu 1 bygevoeg Denisova 11(ook bekend as "Denny",Denisova × Neanderdallerhibried) Arm- of beenfragmente 118,1-79,3 2012 Denisovagrot (Rusland) 13-jarige vroulike adolessent 2016 150pxKU131206 Denisova 13 Pariëtale beenfragment Gevind in laag 22(dateer van ~285) 2019 Denisovagrot (Rusland) Hangende TNH2-1 Permanente onderste 1ste of 2de kiestand 164-131 2018 Tam Ngu Hao 2-grot (Laos) 3,5 tot 8,5 jaar oue vrou 2022 120pxDenisova 19BeenfragmentLaag 15, 2012–'13Denisovagrot (Rusland)2022Denisova 20BeenfragmentLaag 15, 2012–'13Denisovagrot (Rusland)2022Denisova 21BeenfragmentLaag 15, 2012–'13Denisovagrot (Rusland)2022BSY-19-B896-1 (Xiahe 2) Distale ribfragment 421980 Baishijagrot (China) Onbekend 2024 150px Denisova 25 Kiestand 200 2024 Denisovagrot (Rusland) ManlikHangende Harbinskedel (holotipe van Homo longi, ook bekend as die "Draakman") Volledige skedel >146 1933? Harbin (China) Volwasse man, ongeveer 50 jaar oud 2021 150px C_AA108316
Evolusie Die nukleêre DNS (nDNS) van Denisova 3, wat in ’n ongewone mate bewaar is, wys dat Denisovamense en Neanderdallers nader aan mekaar verwant was as aan moderne mense. Met behulp van die persentasieafstand van die mees onlangse gemeenskaplike voorsaat van die mens en die sjimpansee, het Denisovamense/Neanderdallers sowat 804 000 jaar gelede van moderne mense geskei, en 640 000 jaar gelede van mekaar. Met ’n mutasietempo van of per basispaar per jaar, het die Neanderdal/Denisova-skeiding onderskeidelik sowat 236 000 - 190 000 of 473 000 - 381 000 jaar gelede plaasgevind. Met per generasie met ’n nuwe generasie elke 29 jaar, was die tyd 744 000 jaar gelede. Met 'n nukleotiedposisie van per jaar, was dit 616 000 jaar gelede. Met gebruik van laasgenoemde datums het die skeiding waarskynlik reeds plaasgevind teen die tyd dat hominiene oor Europa versprei het.
duimnael|upright=1.8|Die evolusie en geografiese verspreiding van Denisovamense in vergelyking met Neanderdallers, Homo heidelbergensis en Homo erectus.