Keanu Charles Reeves is 'n Kanadese rolprentakteur. Hy is op 2 September 1964 in Beiroet in Libanon gebore, maar het Kanadese burgerskap aanvaar. Sy naam is afkomstig van 'n Hawaise woord wat "koel wind oor die berg" beteken.

Die eerste rolprent waarin hy gespeel het, was River's Edge (1987), en later was hy in Youngblood. Die rol wat hom wêreldwyd gewild gemaak het, was Bill and Ted's Excellent Adventure, wat in 1988 uitgereik is. Sy suksesvolste prente is die The Matrix-trilogie.

Selektiewe filmografie Youngblood (1986) River's Edge (1987) Bill and Ted's Excellent Adventure (1988) Dangerous Liaisons (1989) Parenthood (1989) My Own Private Idaho (1991) Bill & Ted's Bogus Journey (1991) Speed (1994) The Matrix (1999) The Replacements (2000) The Gift (2000) The Matrix Reloaded (2003) The Matrix Revolutions (2003)

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Kanadese manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Kanadese manlike akteurs van die 21ste eeu