Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Nederlanders.

Nederlands ([ˈneːdərlɑnts] ) is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 30 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België (amptelike taal van die Belgiese deelstaat Vlaandere en naas Frans is Nederlands ook een van die twee amptelike tale in die Brusselse Hoofstedelike Gewes) en Suriname.

Nederlands is verder die amptelike taal van Aruba, Curaçao en Sint Maarten in Suid-Amerika en die Karibiese gebied. In samewerkingsorganisasies word die taal erken in die Benelux, die Europese Unie, die Karibiese Gemeenskap en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies. 'n Beraamde 95 persent van die Afrikaanse woordeskat is van Nederlandse oorsprong. Afrikaans het kenmerke van verskeie Nederlandse dialekte.

Die woord Nederlands word dikwels gebruik as sinoniem vir Standaardnederlands, wat deur die media gebruik en op skole onderrig word. Nederlands het egter ook 'n breëre betekenis en word ook gebruik vir die Nederfrankiese variasies uit die Lae Lande, en soms ook die Nederlandse kreools en Afrikaans (ook beskou as 'n halfkreool).

Taalkundige terme In die Middeleeue word die Nederlandse taal meestal Duuts (Noord) of Diets (Suid) genoem, wat eintlik "volkstaal" beteken (diet "volk") en ter onderskeiding van die Latynse taal van die kerk en Frans wat die adel gebruik het.

In sy gediftongeerde vorm Duits word hierdie term nog tot in die 17de eeu gebruik; later word na die Germaanse taal van die Nederlande as Nederduits verwys, in teenstelling met Opperduits (die Hoogduitse taal in Duitsland).

Nederduits is vandag net die taalkundige term vir die dialekte van Noord-Duitsland, wat nie aan die tweede Germaanse klankverskuiwing deelgeneem het nie. Die Engelse benaming vir Nederlands, Dutch, en ook die term Nederduits of Nederduitsch in die name van die Afrikaanse drie Susterskerke van Suid-Afrika, herinner nog aan die ou benaming.

In die ou Boererepublieke en die ou Kaapkolonie is Nederlands ook Hoog-Afrikaans genoem deur mense wat Afrikaans praat.

Klassifikasie duimnael|Nederfrankiese taalgebied in Europa Nederlands is saam met Engels, Duits en ander taalvariante soos Fries en Luxemburgs 'n Wes-Germaanse taal. Nederlands is sterk verwant aan die Duitse taal, maar bevat ook vele ooreenkomste met Engels. Saam met Nedersaksies, Nederduits en Hoogduits (tans die standaardtaal in Duitstalige lande) behoort Nederlands tot die Kontinentale Wes-Germaanse groep van die Indo-Europese tale.

Verdeling Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Nederfrankies Nederlands (Afrikaans, Nederlandse kreools)

Verwante tale Nederlands het die meeste ooreenkomste met Afrikaans. Afrikaans is dan ook 'n vermenging van Nederlandse dialekte wat 'n eie skryftaal ontwikkel het. Wes-Fries en Duits is die afsonderlike tale wat na aan die Standaardnederlandse taal staan en nog digterby sommige dialekte. Seeus, Nedersaksies en Limburgs word beskou as streektale; spesiale dialekte wat naby Nederlands staan. Die verwantskap met Engels is baie kleiner.

Sprekers duimnael|Die grootste Nederlands- en Afrikaanstalige gemeenskappe in die wêreld. In Europa en ook ter wêreld is Nederlands, na Engels en Duits die grootste Germaanse taal. Nederlands het egter meer sprekers as die Noord-Germaanse tale gekombineer, Sweeds, Deens, Noors, Yslands en Faroëes.

Die grootste Nederlandstalige land is Nederland met meer as 16 miljoen moedertaal- of kultuurtaalsprekers. Daar is meer as ses miljoen eerstetaalsprekers in België en nog 'n paar miljoen wat Nederlands as tweede of derde taal kan praat. In die grensgebiede van Duitsland, Wallonië en Frankryk word Nederlands in dialekvorm gepraat. Besonder in Duitsland en Frankryk het hierdie sprekers meestal geen kennis van die Nederlandse standaardtaal nie en gebruik hulle hul dialekte steeds minder.

In Suriname is Nederlands die amptelike taal en feitlik almal kan die taal vlot praat. Nederlands dien ook as omgangstaal tussen die verskeie bevolkingsgroepe en omtrent 60% van die bevolking praat Nederlands as eerste taal.

Op die Nederlandse Antille is Nederlands nie oorwegend die moedertaal of omgangstaal nie, maar wel Papiaments ('n Portugese kreool met Nederlandse en andere invloede) op die Benedewindse eilande (die ABC-eilande – Aruba, Bonaire en Curaçao) en Engels op die Bowindse eilande (die SSS-Eilande). Die meeste Antiliane praat vlot Nederlands, Engels, Papiaments en Spaans.

In die Verenigde State van Amerika, Suid-Afrika, Kanada, Nieu-Seeland en Australië woon Nederlandse en Vlaamse immigrante wat nog Nederlands praat. In Afrika is Nederlands verteenwoordig deur sy dogtertaal Afrikaans wat in Suid-Afrika deur meer as ses miljoen moedertaalsprekers gebesig word – en nog baie meer wat Afrikaans as tweede of derde taal aangeleer het. In Namibië kan ongeveer 85% van die bevolking Afrikaans verstaan. Bromber, Katrin; Smieja, Birgit (2004), "Globalisation and African languages: risks and benefits", Trends in Linguistics (Walter de Gruyter), bl. 1

Status Nederlands is dikwels genoem as die kleinste wêreldtaal en is teenwoordig in Europa, Amerika en Afrika. Ook in 'n historiese opsig het Nederlands 'n relatief groot rol gespeel.

Huidige amptelike status +Nederlandstalige gebiede LandSprekersEuropaNederland 16 606 000België 6 286 600 (1ste taal) (totaal)Frankryk (Frans Vlaandere) +/- 100 000Duitsland (Nederryn) ?AmerikasSuriname 291 971 (1ste taal, 60%) 486 618 (totaal)Curaçao 8 245 (1ste taal), 142 000 (totaal)Aruba 6 286 (1ste taal), 103 065 (totaal)BES-eilande (Bonaire, Sint Eustatius en Saba) 1 044 (1ste taal), 10 185 (totaal)Sint Maarten 1 324 (1ste taal), 33 119 (totaal)Kanada 160 000Verenigde State 150 396OseaniëAustralië 36 179Nieu-Seeland 16 347

Nederlands word sedert 1612 as amptelike taal in Nederland erken. In België is Nederlands die amptelike taal naas Frans en Duits en in Vlaandere die enigste amptelike taal. In Brussel, die Hoofstedelike Gewes, moet Nederlands die status deel met Frans. In Duitsland en Frankryk word Nederlands nie erken as minderheidstaal nie. In Suriname en op Aruba, Curaçao en Sint Maarten (die voormalige Nederlandse Antille) geniet Nederlands ook die status as amptelike taal. Afrikaans, 'n dogtertaal, is een van die amptelike tale in Suid-Afrika en een van die erkende streektale van Namibië.

In internasionale samewerkingsorganisasies is Nederlands een van die amptelike tale in die Benelux, die Europese Unie (deur die lidmaatskap van België en Nederland) en in die Karibiese Gemeenskap en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies deur die lidmaatskap van Suriname.

Volgens die Nederlandse Taalunie se navorsingsverslag bevind Nederlands hom in die jaar 2017 nog in 'n gunstige, handhawende posisie as vernaamste voertaal in Nederland en Vlaandere. Die taal word in alle maatskaplike gebiede en situasies gebruik. Skaafplekkies sluit wel die handhawende rol op die internet (vernaamlik Wikipedia), musiek, die internasionaal georiënteerde universiteite en as wetenskapstaal in. Die Taalunie stel voor Wikipedia-artikels moet verryk word, Nederlandse musiek moet in 'n bepaalde deel van die taalgebied stimuleer word, asook Nederlandstalige terminologie moet ontwikkel word wat ook goed genoeg vir populêre wetenskapstydskrifte is. Taalunie: Het Nederlands is springlevend, maar... (10 Mei 2017) Taalunie: Publieksrapport Staat van het Nederlands (2017) Taalunie: Onderzoeksrapport – Staat van het Nederlands: Over de taalkeuzes van Nederlanders en Vlamingen in het dagelijks leven; pp. 266

Vroeëre amptelike status Nederland en België was koloniale groot moondhede en het die Nederlandse taal oorsee saamgeneem. Die Nederlandse taal is erken as amptelike taal in: 20px Nederlandse Kaapkolonie (1652–1795), tans Suid-Afrika 20px Nederlands-Indië (tot 1949), tans Indonesië 20px Nederlands-Nieu-Guinea (tot 1963), tans deel van Indonesië 20px Belgies-Kongo (tot 1960), Frans het egter 'n amptelike taal gebly in die Demokratiese Republiek Kongo 20px Belgies-Rwanda-Burundi (tot 1962), Frans het egter 'n amptelike taal gebly in Boeroendi en Rwanda. 20px Nederlandse Antille (1953–2010), is ontmantel in lande en munisipaliteite binne die Koninkryk van die Nederlande.

Die Afrikaners of Boere in Suider-Afrika is grotendeels van Nederlandse afkoms en het hulself in Nederland vir die erkenning van Nederlands as amptelike taal beywer. Nederlands was in Afrika die amptelike taal in: 20px Boererepublieke, (van 1795 tot 1902), soos; 20px Zuid-Afrikaansche Republiek (1888–1902) 20px Oranje-Vrystaat (1854–1902) 20px Britse Kaapkolonie (1882–1902) 20px Suid-Afrika, (1910–1983), vanaf 1925 is Afrikaans en Nederlands as sinonieme beskou 20px Suidwes-Afrika, tot 1983, Afrikaans tot 1990

duimnael|Die enigste taalmonument wat aan die Nederlandse taal gewy is, is in 1893 opgerig om die erkenning van Nederlands in die Britse kaapkolonie te gee. Ook in Suid-Afrika was Nederlands amptelik erken. Die Oranje-Vrystaat sou Nederlands in 1854 as die enigste amptelike taal erken het. Die Kaapkolonie het Nederlands in 1882 erken as amptelike taal naas Engels en in 1893 is die Eerste Taalmonument opgerig om hierdie gebeurtenis te herdenk. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) het Nederlands as die enigste amptelike taal in 1888 erken.

In 1909 is die Zuid-Afrika-wet deur al vier provinsies aangeneem wat sou lei tot die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika. Volgens art. 137 van die Unie-grondwet, is "De engelse alsmede de hollandse talen" as amptelike tale van die Unie erken. Op 8 Mei 1925 is Afrikaans erken as amptelike taal van die Unie van Suid-Afrika. Volgens Wet 9 van 1925 is Afrikaans aan Nederlands gelykgestel, met terugwerkende krag tot 1910.

In 1961 het Suid-Afrika 'n nuwe grondwet gekry. Hiervolgens was Afrikaans en Engels die amptelike tale van die land, maar 'n klousule het bepaal dat by Afrikaans ook Nederlands bedoel word. Die grondwet van 1983 het Nederlands nie as amptelike taal erken nie. Ook is die sinonimiteit tussen Afrikaans en Nederlands in 1983 nie meer bevestig nie. Tussen 1910 en 1983 was Nederlands en Afrikaans egter amptelik sinonieme. Petrus van Eeden: Afrikaans hoort by Nederlands. Brevitas 1998, bl.20.

Kenmerke Standaardnederlands ken omtrent 40 foneme. In fonologiese opsig word sy spesiale karakter deur die Nederfrankiese grondslag bepaal. Die Nederfrankiese variasies het nie alle klankverskuiwinge (soos die tweede Germaanse klankverskuiwing wat Hoogduits beïnvloed het) meegemaak nie.

Woorde duimnael|Eva gee 'n voorbeeld in Nederlands Nederlands is 'n ryk taal wat woorde betref, en bevat nou meer as een miljoen woorde, alhoewel vele nie juis meer in gebruik is nie. Nederlands het dikwels 2 woorde die as sinonieme funksioneer, 'n Germaanse erfwoord en 'n Romaanse leenwoord. Die Germaanse woord kom meestal in die spreektaal voor terwyl die Romaanse woord dikwels net vir formele tekste gebruik word.

Nederlands en ander Germaanse tale {| class="wikitable" style="font-size: 85%" !width="75"|Engels ! Fries ! Afrikaans ! Nederlands ! Nederduits ! Duits ! Sweeds ! Deens ! Noors |- | apple | appel | appel | appel | Appel | Apfel | äpple | æble | eple |- | beech | boek | beuk | beuk | Böök | Buche | bok | bøg | bøk |- | book | boek | boek | boek | Book | Buch | bok | bog | bok |- | brown | brún | bruin | bruin | bruun | braun | brun | brun | brun |- | day | dei | dag | dag | Dag | Tag | dag | dag | dag |- | dead | dea | dood | dood | doot | tot | död | død | død, daud |- | enough | genôch | genoeg | genoeg | noog | genug | nog | nok | nok |- | finger | finger | vinger | vinger | Finger | Finger | finger | finger | finger |- | glass | glês | glas | glas | Glas| Glas| glas| glas| glass, glas|- | gold | goud| goud| goud| Gold | Gold | guld | guld | gull |- | hand| hân | hand| hand| Hand| Hand| hand| hånd