ddisselblom is 'n Afrikaanse popgroep vanuit Bloemfontein, Suid-Afrika. Die groep se leuse is "Die Lewe is 'n Lied".

In eie woorde is die uitsluitlike doel met die twee d's in die naam, "om almal te verwar". Dit is ook eerder wenslik om met twee kleinletter d's om te gaan, maar die groep is nie voorskriftelik daaromtrent nie.

Oorsprong Die twee stigterslede, Jaco Spies en Johrné van Huyssteen, het mekaar ontmoet toe hulle saam by 'n selfoonwinkel in Bloemfontein gewerk het. Beide wou musiek maak, maar het besef dat hulle kapitaal en blootstelling nodig gehad het. In 2001 het hulle die handelsmerkproduksie, "Geblikte Afrikaans", tot stand gebring - bekroon met 'n Pendoring toekenning in daardie jaar. Hierdeur het hulle die nodige kapitaal om 'n musiekloopbaan te begin, bymekaargeskraap en deur hul produkte op kunstefeeste te verkoop, het hulle ook die geleentheid gehad om op die gratis verhoë op te tree. Hul eerste opvoering as 'n "band" was op die Sarie-tent se gratis verhoog by die KKNK.

Lede Jaco Spies, Johrné van Huyssteen en Lienka Coetzee - al drie liriekskrywers en sangers; die eerste tromspeler was John Smit en baskitaarspeler was David Houghton. Na twee jaar is hulle vervang deur Riaan Diedericks (op dromme) en AJ Hymann (op baskitaar). Die vyfstuks is sedert 2003 saam.

Daar is ook 'n interessante familieverband in ddisselblom: Johrné is getroud met Lienka se suster, Alet, en Jaco en Lienka het 'n ruk terug in die huwelik getree.

Styl Ddisselblom se styl word as rock beskryf.

Diskografie Goud en marog, 2004 Donker grond, 2007 Onskuld, 2009 Grootste treffers, 2009 Ddisselblom

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe