7 September is die 250ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (251ste in skrikkeljare). Daar volg nog 115 dae.
Gebeure
878 – Pous Johannes VIII kroon Lodewyk II as koning van die Franke. 1159 – Pous Alexander III volg Pous Adrianus IV op. 1191 – Saladin word tydens die derde kruistog in die Slag van Arsuf verslaan. 1303 – Pous Bonifatius VIII word gevange geneem deur Guillaume de Nogaret en Sciarra van Colonna. 1714 – Die Bekragtiging van die Rastatter Vrede by 'n vredeskongres in Baden im Aargau beëindig die Spaanse Opvolgingsoorlog. 1818 – Karel III van Swede word as koning van Noorweë gekroon. 1822 – Brasilië verklaar onafhanklikheid van Portugal. 1940 – Die Blitz begin toe Nazi-Duitsland bomme op Londen laat val in die eerste van 57 opeenvolgende nagte van bombardering. 1974 - Die Lusaka-ooreenkoms tussen FRELIMO en die nuwe Portugese regering word onderteken. Daarvolgens onderneem Portugal om onafhanklikheid aan Mosambiek toe te ken. 1974 - Die Lusaka-ooreenkoms veroorsaak dat Portugese burgers in opstand kom in Lourenço Marques, Mosambiek. Die middestade en hawe word oorgeneem. 1977 – Verdrae tussen Panama en die VSA oor die status van die Panama-kanaal word geteken. Die VSA stem toe om beheer oor die kanaal oor te dra aan Panama teen die einde van die 20ste eeu. 1986 – Desmond Tutu word die eerste swart Aartsbiskop van Kaapstad en leier van die Anglikaanse kerk in Suid-Afrika. duimnael|regs|125px|Aartsbiskop Desmond Tutu 1992 – In Bhisho in die voormalige Ciskei tuisland van Suid-Afrika sterf 24 mense en word 150 beseer toe soldate vyf minute lank blindelings op 'n 50 000-sterk ANC-betoging onder leiding van Cyril Ramaphosa skiet. 1997 – Prinses Diana van Wallis word in die Verenigde Koninkryk begrawe. 1997 – Die eerste toetsvlug van die Lockheed Martin F-22 Raptor vind plaas. 1998 – Google Inc. word gestig. 1999 – 'n Groot aardbewing in Athene, Griekeland laat enkele geboue ineenstort en 150 mense sterf. 2007 – Die sesde Rugbywêreldbeker begin in Frankryk. 2010 – Israel sluit by die OESO aan. 2021 – Bitcoin word wettige betaalmiddel in El Salvador.
Geboortes 1533 – Koningin Elizabeth I van Engeland († 1603). 1756 – Willem Bilderdijk, Nederlandse geskiedkundige, digter en advokaat. († 1831). 1801 – Sarel Cilliers, Voortrekkerleier († 1871). 1850 – Henry Barber, grootwildjagter, ontdekkingsreisiger en sakeman († 1920). 1869 – Genl. Ben Viljoen, Boereoorlogstryder († 1917). 1884 – Lydia van Niekerk, eerste Afrikaanse vrou wat 'n professor geword het op Stellenbosch († 1929). 1908 – Michael DeBakey, bekende hartchirurg wat die hartvatomleidingchirurgie ontwikkel het († 2008). 1914 – James van Allen, Amerikaanse ruimtewetenskaplike († 2006). 1930 – Yuan Longping, Chinese onderwyser en landboukundige († 2021). 1939 – Stanislav Petrov, Sowjetse luitenant-kolonel († 2017). 1948 – Khalifa bin Zayed Al Nahayan, President van die Verenigde Arabiese Emirate sedert 2004 († 2022). 1963 – Carel van der Merwe, Suid-Afrikaanse skrywer, historikus en sakeman. 1965 – Angela Gheorghiu, Roemeense sopraan. 1981 – Vladimir Kara-Murza, Russies-Britse politieke aktivis, joernalis en skrywer, voormalige politieke filmmaker.
Sterftes 885 – Pous Adrianus III, die 109de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (Waarskynlik, volgens die vasstelling van Pous Leo XIII) (* onbekend). 1910 – William Holman Hunt, Engelse skilder (* 1827). 1919 – ds. Dirk Postma jr., predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1861). 1951 – Maria Montez, Dominikaans-Franse aktrise (* 1912). 1960 – Wilhelm Pieck, Duitse politikus, President van Oos-Duitsland (* 1873). 1971 – Spring Byington, Amerikaanse aktrise (* 1886). 1975 – M.E.R., Afrikaanse skrywer (* 1875). 1978 – Cecil Aronowitz, Suid-Afrikaansgebore altviolis (* 1916). 1994 – Dennis Morgan, Amerikaanse akteur (* 1908). 1996 – Bibi Besch, Amerikaanse aktrise (* 1942). 1997 – Mobutu Sese Seko, Kongolese militêre offisier en politikus, President van Zaïre/DRK (* 1930). 2001 – Billie Lou Watt, Amerikaanse aktrise en stemkunstenaar (* 1924). 2004 – Beyers Naudé, teoloog, anti-apartheidsrolspeler in Suid-Afrika (* 1915).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Brasilië – Onafhanklikheidsdag 1822
Kategorie:September