Marnitz Boshoff (gebore in Nelspruit, 11 Januarie 1989) is ’n rugbyspeler wat vir die Lions as losskakel speel in die Superrugbyreeks. Hy het voorheen vir die Griekwas en die Blou Bulle gespeel het in die Curriebeker-reeks.

Hy speel sedert 2013 vir die Goue Leeus.

Hy het in albei bene van die Leeus se promosie/relegasiewedstryde na die 2013 Superrugbyseisoen gespeel, wat die Leeus weer hul plek in Superrugby terugbesorg het.

Hy is daarna gekies vir die Lionsspan in die 2014 Superrugbyseisoen en maak sy Superrugbydebuut in 'n speler-van-die-wedstryd-vertoning tydens die eerste wedstryd van die seisoen. Hy teken al die Leeus se punte aan, insluitend 'n laasteminuut-skepskop, om die Cheetahs met 21-20 te klop in Bloemfontein.

Eksterne skakels

SA rugby profile itsrugby.co.uk profile

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners