Lucy is die gewilde naam van AL 288-1, ’n paar honderd stukke been wat omtrent 40% van die geraamte van ’n vroulike Australopithecus afarensis uitmaak. Dit is in 1974 in die Afar-driehoek in Ethiopië ontdek. In paleoantropologie word gewoonlik net fossielfragmente ontdek, en selde skedels of ribbes; dus was dit ’n groot ontdekking wat ’n enorme hoeveelheid wetenskaplike inligting verskaf het. Lucy is na raming sowat 3,2 miljoen jaar oud en word geklassifiseer as ’n hominied.Rak, Y.; Ginzburg, A.; Geffen, E. (2007). "Gorilla-like anatomy on Australopithecus afarensis mandibles suggests Au. Afarensis link to robust australopiths". National Academy of Sciences 104 (16): 6568. doi:10.1073/pnas.0606454104
duimnael|200px|links|’n Replika van die oorblyfsels van Lucy, in die Museo Nacional de Antropología, Meksikostad. Die geraamte toon Lucy het ’n klein breinkapasiteit gehad, soos ape, en regop geloop, soos mense, en dit steun die teorie van sommige geleerdes dat die mens se voorouers al regop geloop het voor hul breingrootte begin toeneem het.
Kritiek Die historikus Londa Schiebinger bevraagteken die feit dat die ontdekkers besluit het Lucy is vroulik na aanleiding van die grootte van die geraamte. Hulle het ook gemeen "die bekkenopening in hominiede moet proporsioneel groter in wyfies as in mannetjies wees vir die geboorte van kinders met groter breine." Die ontdekking dat breine eers later groter geword het, weerspreek dié feit.
Daar is ook besware teen die klassifikasie van Lucy as ’n menslike voorouer. Sy het gekrulde vingers en tone gehad, wat geskik is vir boom klim, sy was korter as 1,2 meter (so groot soos moderne aapspesies) en die grootte van haar kop, kakebeen en tande stem meer ooreen met dié van ape as van uitgestorwe mensverwante spesies. ’n Ondersoek van die heupbeen deur Charles E. Oxnard het verder onthul Lucy kon waarskynlik net vir kort rukkies op twee bene loop, soos moderne aapspesies.Oxnard, C. (1987). Fossils, teeth and sex. Seattle: University of Washington Press. Sommige wetenskaplikes meen Lucy is eerder die een of ander uitgestorwe soort aap.
Sien ook Australopithecus afarensis
Verwysings
Eksterne skakels Clevelandse Natuur-Historiese Museum Institute of Human Origins "Becoming Human: Paleoanthropology, Evolution, and Human Origins", ’n dokumentêr deur Donald Johanson "New Link In Human Evolution Discovered", ’n rekonstruksie van Lucy se gesig, 8 Mei 2006
Kategorie:Fossiele Kategorie:Uitgestorwe primate