Die aspersie (Asparagus officinalis) is 'n lentegroente en 'n meerjarige blommende plantspesie in die genus Asparagus, familie Asparagaceae, wat sy oorsprong aan die oostelike Middellandse See het. Dit was reeds aan die ou Romeine bekend, en word as 'n groente in Europa verbou sedert die vyftiende eeu. Die term verwys ook na sy eetbare lote; die risome waaruit ondergrondse ogies of lote elke jaar spruit, en aanleiding gee tot 'n stingelverlenging van tussen 1 en 1,5 meter.
Aspersies in kookkuns
In kookkuns word groen of wit spruite gebruik: die varsheid van die stingels word volgens verskeie kriteria beoordeel: ferm en bros aspersies van dieselfde dikte, met dikker are, goeie eienskappe wat 'n homogene dis lewer.
Tydens aankoop moet aspersies die aangename geur van ryp koringare afgee. Dit moet beide sterk en soepel voel om aan te raak en breek met weerstand tussen die vingers. Die hak moet nie te droog wees nie (wanneer gedruk word, moet die sap wat na vore kom nie bitter wees nie), wat op 'n onlangse oes dui.
Wit aspersies word heeltemal ondergronds gekweek, in die afwesigheid van lig, dit verskaf aan die aspersie 'n delikate geur en fyn tekstuur.
Groen aspersies word in die buitelug verbou, en het hul kleur te danke aan die normale proses van chlorofilsintese wat in sonlig plaasvind. Dit lewer 'n sterk geur en byna soet kiemgedeelte op. Dit is ook die enigste aspersie wat nie afgeskil hoef te word nie.
Galery
Voedingswaarde
Sien ook Lys van Asparagus-spesies
Bronnelys le Roux, Francette: Gesondheid sonder die rondheid. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 4, April 1989. ISSN 0-491-4783
Verwysings
Kategorie:Asparagus Kategorie:Groente Kategorie:Veldkos