duimnael|regs|Joshua na die Reën met ondersteunende kunstenaars by L'Avenir-wynlandgoed in Stellenbosch, 5 November 2017.
Joshua na die Reën (afgekort tot JNDR) is die verhoognaam van die Afrikaanse liedjeskrywer en musikant Jacques de Villiers van Pretoria, Gauteng. Joshua na die Reën tree saam met ander musikante en soms ook solo op. Van die musikante wat hom bystaan, is Lizandra Winter (sang), Jean de Villiers (tromme), Ryhno von Hagen (akoestiese kitaar, mandolien, fluit), Gerhard Biennedel (baskitaar), Heini Berner (elektriese kitaar) en Raziela Kosterman (viool). Wanneer die geleentheid hom voordoen, kan hy ook saam met 'n strykensemble optree.
Agtergrond Jacques de Villiers het op 'n plaas in die Walkerville-omgewing tussen Johannesburg en Parys grootgeword en in 2010 aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie die topprys vir jazz behaal. Na sy studies het hy vir Jak de Priester op klavier begelei en ook vir Bobby van Jaarsveld.
Groepe en kunstenaars soos Coldplay, One Republic, Brooke Fraser, Kaleidoskoop, Mumford & Sons en Elvis Blue dien as inspirasie vir JNDR.
Die naam "Joshua na die Reën" verwys na 'n uitsonderlike band met die natuur, asook die temas van eerlikheid en hoop.
Sy debuutalbum, Joshua na die Reën, is op 18 September 2013 in die Aulateater by die Universiteit van Pretoria bekendgestel, alhoewel dit reeds op 1 Augustus 2013 op iTunes vrygestel is. Hierdie album ontvang in 2014 twee Ghoemas vir beste nuweling en beste Afrikaanse kontemporêre album.
Eerbewyse Hy wen in 2014 twee Ghoemas vir beste nuweling en beste Afrikaanse kontemporêre album vir Joshua na die Reën, en in 2017 'n SAMA-prys vir die beste kontemporêre musiekalbum vir Die wêreld binne my.
Diskografie 2013: Joshua na die Reën 2016: Die wêreld binne my 2019: Someraarde 2023: Die Vallei Verwysings
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Eksterne skakels
Joshua na die Reën op YouTube Joshua na die Reën op iTunes
Video’s (chronologies) Lig op die Horison JNDR (2013) Joshua se heel eerste enkelsnit en musiekvideo Voshaarnooi (gesrkyf deur Louis van Rensburg) JNDR (2015) vir Ballade vir 'n Enkeling (film) Alles gee JNDR (2015) geskryf vir Hollywood in my Huis (film)
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Lewende mense