200px Hilary Bradt
Engelse reisskrywer en uitgewer
Gebore 17 Julie 1941
Literêre genres Reisliteratuur (reisgidse) Hilary Bradt (* 17 Julie 1941) is 'n Engelse reisskrywer en uitgewer wat bekendheid verwerf het as die stigter van Bradt Travel Guides, 'n Britse reeks van reisgidse waarvan die eerste in 1974 gepubliseer is. Die uitgewery, wat homself as een van die baanbrekers vir volhoubare toerisme beskou, is in Chalfont St. Peter, Engeland gesetel.
Vanaf 1973 het Bradt saam met haar man George agttien maande lank as rugsaktoeris deur Colombia, Vuurland, Argentinië en Brasilië gereis. Later het die twee besluit om hul eie reisgidse uit te gee. Die eerste gids in die reeks was Backpacking along Ancient Ways in Peru and Bolivia.Hilary Bradt: Backpacking along Ancient Ways in Peru and Bolivia. 1ste uitgawe. Chalfont St. Peter 1974
Bradt-reisgidse is in die beginjare dikwels deur Hilary en George Bradt geskryf en het aanvanklik veral eksotiese of minder bekende reisbestemmings soos Rwanda en Albanië gedek, 'n marknis wat hulle steeds vul. Dikwels het Bradt-gidse bestemmings behandel wat deur ander reisgids-uitgewerye nog nie gedek is nie. So het in Oktober 2013 'n reisgids oor Suid-Soedan verskyn, met voornemende toeriste, sakereisigers en hulpwerkers as teikengroep. Bradt-reisgidse is met 'n aantal pryse bekroon.
Verwysings
Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense