Die Sinemurium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Vroeë Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 199,3 en 190,8 miljoen jaar gelede.Gradstein et al. (2012) Dit is voorafgegaan deur die Hettangium en gevolg deur die Pliensbachium.
Naam en definisie Die globale stratotipepunt vir die Sinemurium is in ’n rots oos van Watchet in die graafskap Somerset in Engeland.Bloos & Page (2001)
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenera Vermiceras en Metophioceras, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniet Bificeras donovani en die ammonietgenera Apoderoceras en Gleviceras.
Verwysings
Bronne Bloos, G. & Page, K.N.; 2001: Global Stratotype Section and Point for base of the Sinemurian Stage (Lower Jurassic), Episodes 25(1), pp. 22-28, PDF Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, .
Kategorie:Jura