American Airlines 280px|'n American Airlines Boeing 767–300ER styg op IATA: AA ICAO: AAL Roepsein: AMERICAN Gestig:1934 Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy Hoofkwartier: Fort Worth, Texas Hoofherstellughawe: Tulsa Internasionale Lughawe Sleutelpersone: Doug Parker (President)Robert Isom (HUB)Derek Kerr (HFB) Werknemers: 123 400 (2021) Alliansie: Oneworld Bestemmings: 350 Vloot: 930 vliegtuie Webtuiste: http://www.aa.com/
American Airlines is 'n groot Amerikaanse lugredery met sy hoofkwartier in Fort Worth, Texas. Dit bedryf 'n uitgebreide internasionale en plaaslike netwerk, met vlugte tussen Noord-Amerika, die Karibiese Eilande, Suid-Amerika, Europa en Asië. Die roete netwerk rondom vyf "hoeksteen"-spille in Dallas/Fort Worth, New York, Los Angeles, Miami en Chicago. Sy primêre onderhoudsbasis is geleë op Tulsa Internasionale Lughawe (TUL).
American Airlines is deel van die Oneworld Alliansie en koördineer tariewe, dienste en skedulering met British Airways, Finnair en Iberia in die Atlantiese mark en Japan Airlines en Qantas in die Stille Oseaanmark. Envoy, SkyWest Airlines en ExpressJet Airlines bedryf plaaslike vlugte vir American Airlines onder die American Eagle-merk
duimnael|links|300px|American Airlines Boeing 737-800 in die nuwe kleure styg op by Montréal–Trudeau–lughawe. duimnael|300px|American Airlines McDonnell Douglas MD-82 by Dallas/Fort Worth-lughawe, 2005.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Lugrederye