Deon Lotz (* 20 Julie 1964– ) is 'n Suid-Afrikaanse akteur en voormalige hotelbestuurder. Hy is bekend vir sy rolle is films soos Skoonheid, Roepman en Faan se Trein. Hy het in talle verhoogproduksies opgetree en ook radiowerk gedoen.

Lotz was in 1982 hoofseun van die Hoërskool Zwaanswyk in Retreat, Kaapstad, en het 'n diploma van die Akademie vir Dramakuns (ADK) in Kaapstad verwerf en in die Drakensberg-seunskoor gesing.Lotz het al byna álle rolle vertolk, Die Burger, 29 Julie 2007

Filmografie French Toast, 2015 Faan se Trein, 2014 as Dr André Dippenaar Cold Harbour, 2013 as Venske Musiek vir die Agtergrond, 2013 as Louis Mandela: Long Walk to Freedom, 2013 as Kobie Coetzee Verraaiers, 2013 as generaal Koos de la Rey Sleeper's Wake, 2012 as Roelf Venter Roepman, 2011 as Abram Rademan Skoonheid, 2011 as François van Heerden Master Harold... And the Boys, 2010 as polisieman Hansie, 2008 as Rory Steyn Anner House, 2007 (TV-fliek) as Werner Charlie Jade, 2005 (TV-reeks) as reddingswerker no. 2 Blast, 2004 as Pentagon CIA-verteenwoordiger Proteus, 2003 as goewerneur Consequence'', 2003 as polisieman

Toekennings Beste akteur vir Skoonheid tydens die 7de Zurich Filmfees in 2011 Beste akteur vir Skoonheid tydens die Suid-Afrikaanse Film en Televisie-toekenning in 2012

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu