Anel Alexander (née Flett, 26 November 1979) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en vervaardiger van Pretoria. Haar pa is van Skotse afkoms. Sy het in 2002 'n B.A.-drama graad cum laude van die Universiteit van Pretoria verwerf.

Op hoërskool wen sy 'n ATKV-penning vir beste byspeler in 'n kompetisie vir tieners.Die Wilgers spog met kultuurprestasie, Beeld, 2 Oktober 1995 Sy het die rol van Liesl in 7de Laan vertolk en ook in 'n aantal romantiese komedies gespeel, onder andere in Semi-soet en Klein Karoo.Klein Karoo is a heartwarming story, besoek op 5 Februarie 2013.

In 2013 speel sy in die Afrikaans dramareeks Geraamtes in die kas.Skeletons in the closet , besoek op 24 November 2013 Later in dieselfde jaar wen sy die kykNET Silwerskermfees-prys vir die beste ondersteunende rol in Faan se Trein.Festival a platform for film-makers, besoek op 24 November 2013 Sy was getroud met die akteur James Alexander.

Filmografie As akteur: 7de Laan, 2000 (TV-reeks) as Liesl Landman Binnelanders, 2005 (TV-reeks) as Nina Discreet, 2008 as Monique Getroud met rugby, 2009 (TV-reeks) as Julia The Mating Game, 2010 (TV-reeks) as Trudy Valentown, 2010 (kortfilm) as desperate meisie Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as Julia Verster Semi-soet, 2012 as Jaci van Jaarsveld Drukkersbloed, 2012 (kortfilm) Klein Karoo, 2013 as Sophie Ferreira Donkerland, 2013 (TV Mini-reeks) as Maria Musiek vir die Agtergrond, 2013 as vrou by kinderhuis Geraamtes in die Kas, 2013 (TV-reeks) as dr. Susan Brink Faan se Trein, 2014 as Truia Mooirivier, 2015

As vervaardiger: Discreet, 2008 Semi-soet, 2012

As skrywer: Semi-soet, 2012 (oorspronklike storie)

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu