Steinstücken is 'n woonbuurt met 'n bevolking van omtrent 300 in die uiterste suide van die stadsdeel Wannsee in die Berlynse stadsdistrik Steglitz-Zehlendorf. Ná die verdeling van Duitsland het dit ‘n enklawe van Wes-Berlyn in die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) geword tot 1971-72 toe dit deur 'n nou korridor weer met Wes-Berlyn verbind is.

Ná die bou van die Berlynse Muur in 1961 het Steinstücken 'n toevlugsoord vir vlugtelinge uit die DDR geword, insluitend omtrent twintig DDR-grenssoldate wat ontsnap het. Gevolglik is die oorspronklike staaldraadversperring deur 'n muur vervang.

Eksterne skakels

Berlynse eksklawe

Kategorie:Nedersettings in Berlyn