duimnael|links|Maximilian Schell in Judgment at Nuremberg, waarvoor hy in 1962 'n Oscar gewen het. Maximilian Schell (Wene, 8 Desember 1930 - Innsbruck, 1 Februarie 2014) was 'n Oostenryks-Switserse akteur, regisseur, en vervaardiger.

Schell is gebore in Wene en het grootgeword in Zürich. Hy het 'n ouer suster, Maria Schell, gehad. Sy het opgang in die rolprentbedryf gemaak in die 1950's, maar daarna agteruitgegaan weens 'n neurologiese steuring. Van 1955 af het hy in rolprente gespeel. Schell het sy rolprentdebuut in 1958 gemaak in The Young Lions. Vir sy rol in die rolprent Judgment at Nuremberg (1961) het hy 'n Oscar vir die beste akteur gekry.

Schell is oornag oorlede in die Oostenrykse stad Innsbruck ná 'n "skielike en ernstige siekte", aldus sy agent, Patricia Baumbauer. spiegel.de: Legendärer Schauspieler: Oscar-Preisträger Maximilian Schell ist tot

Filmografie (keur) 1999: Joan of Arc 1998: Deep Impact 1998: Vampires 1998: Left Luggage 1993: Candles in the Dark 1990: The Freshman 1979: The Black Hole 1977: A Bridge Too Far 1977: Cross of Iron 1974: The Odessa File 1964: Topkapi 1961: Judgment at Nuremberg 1958: The Young Lions

Verwysings

Eksterne skakels

'n Uittreksel uit Judgment at Nuremberg, waarvoor hy die Oscar vir beste akteur gekry het. URL besoek op 1 Februarie 2014. Maximilian Schell nicely recalls talented but tragic "Sister Maria" , Chicago Tribune, 9 Julie 2004. URL besoek op 1 Februarie 2014.

Kategorie:Oostenrykse akteurs Kategorie:Oostenrykse skrywers Kategorie:Switserse skrywers Kategorie:Draaiboekskrywers Kategorie:Rolprentregisseurs Kategorie:Rolprentvervaardigers Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2014 Kategorie:Switserse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Switserse manlike akteurs van die 21ste eeu