duimnael|links|360px|Die NG kerk op Philadelphia is in 1910 uitgebou tot sy huidige grootte en voorkoms. duimnael|regs|160px|Ds. P.A. Strasheim was van 1882 tot 1883 Philadelphia se tweede leraar. duimnael|160px|regs|Ds. D.S. Botha was leraar van Philadelphia van 1886 tot 1894. duimnael|regs|160px|Ds. A.P. Smit was leraar van Philadelphia van 1936 tot 1942. duimnael|160px|regs|Dr. Zacharias Blomerus Loots, leraar van 1968 tot hy sy emeritaat aanvaar in 1984.

Die NG gemeente Philadelphia is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland. Die gemeente is in 1863 gestig as die 90ste gemeente in dié kerkverband. Die gemeente was lank die oudste in die Ring van Koeberg, maar met die herindeling van ringe in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland in 2015 het dié ring weggeval en is Philadelphia ingesluit by die Ring van Durbanville. Nuwe ringsindeling . URL besoek op 17 September 2015.

Agtergrond Op kerklike gebied was die Koeberg, soos die streek waarin die dorpie Philadelphia geleë is, voor 1826 toegewys op die gemeente Swartland, Paarl en Kaapstad vir geestelike bearbeiding. In 1826 is die gemeente Tygerberg (tans Durbanville) gestig en Koeberg is beskou en behandel as 'n soort van buitewyk van daardie gemeente. Mettertyd het die Koeberg egter as 'n aparte entiteit begin groei en vorm aanneem. In 1858 is besluit om hier 'n kerkgebou vir die buitedienste op te rig. Op 31 Oktober 1858 het ds. J.J. Beck die hoeksteen van die eerste kerkgebou in die Koeberg gelê. Dié gebou is in 1860 voltooi. Die begeerte om 'n aparte gemeente het egter gestadig gegroei en reeds op 15 Augustus 1861 is 'n memorie in dié verband aan die kerkraad van Durbanville gerig.

Afstigting Ná baie en heftige teenkanting is toestemming tot afstigting verleen in Mei 1862. Die toestemming het egter met sulke knellende en onaanneemlike voorwaardes gepaard gegaan, dat die memorialiste uiteindelik besluit het om hul saak aan die Sinode van 1862 voor te lê. Eindelik het die nuwe gemeente in Desember 1863 finaal sy beslag geneem onder die naam Philadelphia. Die aantal lidmate was destyds 150 en dit was met groot vreugde dat hulle hul eerste kerkgebou op 9 Januarie 1864 kon inwy. Die konsulent, ds. J.H. Neethling van Stellenbosch, het gereeld een maal per maand oorgekom om die Sakramente te bedien en die dienste waar te neem.

Eerste leraars Op Donderdag 11 November 1869 het die jong gemeente sy eerste leraar, prop. J.V. Vlok, ontvang. Die volledige lys van predikante in die eerste honderd jaar van die gemeente se bestaan is: Ds. J.V. Vlok (1869-'81). Ds. P.A. Strasheim, B.A. (1882-'83). Ds. D.S. Botha (1884-'94). Ds. S.P. Malherbe (1894–1906). Gedurende sy bediening het die kerkraad 'n gebou opgerig wat moes dien as poskantoor (1904). In 1914 is die gebou aan die staat verkoop. Ds. G.L. van Heerde (1907-'11). Tydens sy dienstyd is die ou kerkgebou verander en vergroot soos dit daar vandag uitsien (1909). Ds. J.G. Pauw (1912-'13). Ds. E.A. Pienaar (1913-'18). Ds. A.L.J. van Rensburg (1919-'21). Ds. M. Smuts (1922-'35). Hy het die langste in hierdie gemeente gestaan en in sy tyd (1925) is besluit om 'n kerksaal op Melkboschstrand op te rig. Ds. A.P. Smit, M.A. (1936-'42). Ds. J.J. Wasserfall (1942-'51). Gedurende sy bediening is 'n nuwe pastorie aangepak en voltooi en tewens is die ou prinsipaalswoning omgeskep in 'n skoolkoshuis onder toesig van die kerkraad. Die eerste plaaslike sendeling was eerw. C. J. Bothma. Sedertdien is daar 'n ooreenkoms met die Sendinggemeente, Durbanville, aangegaan waarvolgens hierdie as buitewyk van daardie Sendinggemeente bearbei word. In 1938 is 'n ruim sendingkerk plaaslik voltooi.

Ds. D.S. Botha duimnael|links|190px|Ds. D.S. Botha as jong predikant op Philadelphia.

Tydens sy derde studiejaar aan die Kweekskool het eerw. D.S. Botha in noue aanraking met die gemeede van Philadelphia gekom. Toe ná die vertrek van ds. Strasheim nie minder as drie beroepe (Di. W. A. Joubert, D. Bosman en Groenewald) misluk, het die kerkraad, op aanbeveling van prof. Marais van die Kweekskool, in Junie 1884 met eerw. Botha ooreengekom om die vakante gemeente ses maande met naweke te kom bedien. Toe ná verloop van ses maande nog geen leraar beroep is nie, het die kerkraad hom andermaal dringend versoek "om alhier te blijven arbeiden, zolang de gemeente nog geen vaste leraar heeft". So het eerw. Botha anderhalf jaar die gemeente met naweke en vakansietye vanuit Stellenbosch kom bedien, terwyl sy gesin reeds in die plaaslike pastorie ingewoon het. Op 19 November 1885 het hy sy studie aan die Kweekskool voltooi en vier dae daarna het die kerkraad, op sterke aandrang van 'n gemeente-vergadering, hom hierheen beroep.

Tot groot vreugde van die gemeente het die so geliefde jonge dienskneg van die Heer die beroep aangeneem en op Donderdag 11 Februarie 1886 is hy alhier bevestig deur die konsulent, ds. A.D. Lückhoff van die Kaapstad. Een van ds. Botha se hoogleraars, prof. P.J.G. de Vos, het die bevestigingsrede uitgespreek na aanleiding van 1 Korintiërs 3:9. Hierna het die bevestigde sy intreepreek gelewer: "My voedsel is om die wil te doen van Hom wat my gestuur het" (Johannes 4: 34). "De dienst duurde bijna drie uren, maar de aandacht der toehoorders bleef onveranderd tot aan het einde. Een zangkoor luisterde op schoone wijze de verrichtingen op met twee zangstukken." Die namiddag het 'n geseënde konferensie met die gemeente gevolg. Tydens sy tienjarige dienstyd alhier het ds. Botha, volgens ds. A.P. Smit, deur die genade van die Heer besonder geseënde werk verrig in die gemeente, wat hom steeds die grootste agting en liefde toegedra het. Dit was byvoorbeeld op sy sterke aandrang dat die kerkraad in Januarie 1887 besluit het om vir die minderbevoorregte Duine-bewoners 'n gebou op te rig wat kon dien "als school lokaal en eene plaats waarin nu en dan godsdienstoefeningen gehouden kan worden". Die weduwee G. Priem van Brakfontein het vir dié doel 'n stuk grond aan die kerk gegee en in September van die volgende jaar is hierdie buitekerkie ingewy deur ds. P.A. Strasheim. Hierdie kerkie het etlike jare as skool- en kerkgebou van die Duine-mense diens gedoen. Toe die bevolking in later jare daar verminder het, is die kerkraad egter genoodsaak om die maandelikse buitediens daar af te skaf en die kerkie te sluit. Aan die begin van 1938 het die kerkraad die kerkie verkoop.

Dit was tydens die dienstyd van ds. Botha alhier dat die Jubelfees van H.M. koningin Victoria (Junie 1887) op luisterryke skaal ook in Suid-Afrika gevier is. Hoedanig ds. Botha hierdie fees in die gemeente laat vier het, blyk uit die volgende afkondiging van hom: "Op Dinsdag in deze week (21 Junie 1887) nemen ook wij deel aan het jubelfeest van H.M. onze Koningin, die dan het feest harer vijftigjarige regering viert. Wij komen om nege uur hier bijeen tot dank en bedestond; daarna planten jongelieden een laan rondom ons kerkgebouw en de kinderen eenige boomen in Dale Park bij het schoolgebouw. Daarna begeven wij ons naar Koksvlei in het veld (dit was tussen Tygerhoogte en Schoonderzicht) en brengen den dag aldaar feestelijk door. De kinderen zullen op het een en ander onthaald worden."

duimnael|regs|320px|Die gemeente het in 1946 besluit om 'n deel van die kerkplein aan die Boerevereniging af te staan vir die bou van die Boereverenigingsaal. Dit is in 1950 voltooi. Op 15 Desember van die volgende jaar (1888) was die gemeente 25 jaar oud. Ds. Botha was vasbeslote om sekere veranderings en verbeterings aan die kerkgebou te laat aanbring en die vernude kerkgebou dan by geleentheid van die kwarteeufees in te wy. In Augustus 1888 het hy die saak voor 'n gemeentevergadering gelê, wat dan ook besluit het "om het kerkgebouw van een ijzeren dak te laten voorzien (die dak sover was van strooi) en om ook eenige veranderingen aan den preekstoel en de banken aan weerzij den van den preekstoel te laten aanbrengen". Kollektelyste is vir die saak deur die gemeente geneem, waarop baie fluks ingeteken is. Ná heelwat oponthoud is die tender van twee Duitsers (Voss en Walter) aangeneem en is met die werk begin. Toe die kerkraad egter sien dat die kerk nie op 15 Desember (die verjaardag van die gemeente) gereed sal wees nie, is die kwarteeufees uitgestel tot 30 Januarie van die volgende jaar. Die volgende kerkraadsbesluit gee ons 'n idee hoe die fees gevier is: "De vergadering besluit om het feest van het vijf-en-twintigjarige bestaan der gemeente te vieren op Woensdag, 30 Januarie aanstaande; Ds. Neethling, van Stellenbosch, te verzoeken de feestrede uit te spreken; Ds. Luckhoff, den consulent der gemeente en de twee vorige leeraaren der gemeente, Di. Vlok en Strasheim, tot de feestviering uit te nodigen en ook per advertentie in de Kerkbode andere leeraaren te vragen om bij die gelegenheid over te komen.”

Op daardie dag het die gemeente dan ook met diepe dankbaarheid teenoor die Heer sy kwarteeufees gevier. Ds. Neethling van Stellenbosch, die eerste konsulent, wat dieselfde kerkgebou 25 jaar gelede ingewy het, het die inwyding van die vernude kerkgebou waargeneem en die feesrede uitgespreek. Vir die agtermiddag het ds. Botha 'n konferensie met die gemeente gereël. Die veranderings aan die kerkgebou het £220 gekos. Ds. Botha kan ook met reg die vader van die ou kerksaal alhier genoem word. Hierdie saal het hy deur die jongmense van die C.J.-Vereniging, waarvan hy die voorsitter was, laat bou. In Julie 1889 vra en kry hy namens die C.J.V. van die kerkraad verlof "om op kerkelijk eigendom in dit dorp een gebouw op te trekken, waarin zij (die C.J.V.) hun Bijbellezingen, biduren, gezellige tezamenkomsten enz. houden kan". Die lede van die C.J.V. het dadelik begin met die insameling van geld (G.W. Spengler het aan hul £100 geleen). Die volgende boukommissie is saamgestel: Ds. D. S. Botha (voorsitter) en G.W. Spengler, J.N. Mostert, S. Loubser, E.L.P. Steyn en H.C. Dreyer. Die boumeester, wat jare gelede ook die pastorie gebou het, was 'n Kaapstadse Maleier, Hadjie Sah. Op 31 Augustus 1891 is die hoeksteen van die „C.J.V.-saal" in teenwoordigheid van 'n "aanzienlijke schaare" uit die gemeente plegtig gelê deur Ds. Botha en kort daarna is dit voltooi en ingewy.

Toe die Ring van Kaapstad in Oktober van daardie jaar hier byeenkom, was die saal reeds gereed en kon die vergadering sy sittings daarin hou. Toe die C.J.V. aan die begin van die vorige eeu ophou bestaan, het die kerkraad die C.J.V.-saal as kerksaal aangeneem (Februarie 1902). Ds. Botha het die geestelike lewe van die gemeente op sy hart gedra. In sy tyd hoor ons vir die eerste maal van weeklikse bidstonde. Dit was ook op sy uitnodiging dat dr. Andrew Murray van die NG gemeente Wellington in September 1888 hier "speciale diensten" kom hou het, wat vir baie tot groot seën was. In die verstandelike en geestelike opvoeding van die kind in dag- en Sondagskool het hy as oudonderwyser besonder belanggestel. Deur die Sondagskooi, kinderpreke en selfs kinderfeeste het hy die kind vir die Heer probeer wen; en deur gereelde "Bijbel-lezingen" en bidure vir die lede van die C.J.-Vereniging, het hy veel gedoen aan die geestelike bearbeiding van die jongmense.

'n Beroep na die NG gemeente Willowmore in Julie 1888 het hy op sterke aandrang van kerkraad en gemeente bedank; maar toe hy in Julie 1894 'n beroep na die Dordrecht ontvang, het hy besluit om dit aan te neem en op Sondag 16 September het hy sy afskeidsboodskap (Hand. 14:26) gegee. Die afskeid was baie swaar vir leraar en gemeente. 'n Groot stoet van karre het hom en sy gesin uitgeleide gedoen van die plaas Dasvlei na Klipheuwel-stasie, waar oudl. H.C. Dreyer namens die gemeente van hom afskeid geneem het. Iemand uit die gemeente het kort daarna as volg in De Kerkbode geskryf: "Wij zullen, wij kunnen hem nooit vergeten, want wij hadden in hem niet alleen een getrouwen leeraar, maar ook een liefhebbenden vriend."

Ds. S.P. Malherbe duimnael|regs|170px|Ds. S.P. Malherbe, leraar van 1894 tot 1906.