duimnael|Die Dekan-trappe naby Matheran, oos van Moembaai. duimnael|Die Dekan-trappe naby Pune.

Die Dekan-trappe is ’n groot eruptiewe provinsie op die Dekan-plato van Indië en een van die grootste vulkaniese gebiede op Aarde. Hulle bestaan uit talle lae gestolde basaltlawa wat altesaam meer as 2 000 m dik is en ’n gebied van 500 000 km² beslaan.

Geskiedenis Die Dekan-trappe is tussen 60 miljoen en 68 miljoen jaar gelede aan die einde van die Kryt-periode gevorm. Die grootste deel van die vulkaanuitbarstings het sowat 66 miljoen jaar gelede plaasgevind en sowat 30 000 jaar geduur."India's Smoking Gun: Dino-killing Eruptions." ScienceDaily, 10 Augustus 2005.

Die oorspronklike gebied wat deur lawa oorvloei is, word geraam op tot 1,5 miljoen km², sowat die helfte van die huidige Indië. Die gebied is tot sy huidige grootte gekrimp deur erosie en plaattektoniek; dit is tans sowat 512 000 km² groot.

Voorgestelde verband met die Shiva-krater ’n Geologiese struktuur bestaan in die seebodem aan die weskus van Indië wat deur sommige beskou word as ’n moontlike impakkrater, die Shiva-krater. Dit is ook sowat 66 miljoen jaar oud, nes die Dekan-trappe. Dié wetenskaplikes glo die impak het die vulkaniese uitbarstings van die Dekan-trappe aan die gang gesit.Chatterjee, Sankar. "The Shiva Crater: Implications for Deccan Volcanism, India-Seychelles Rifting, Dinosaur Extinction, and Petroleum Entrapment at the KT Boundary ." Paper No. 60-8, Seattle Annual Meeting, November 2003. Die huidige konsensus is egter dat Shiva nie ’n impakkrater is nie. - original article at source

Verwysings

Eksterne skakels

Die teorie dat vulkane die dinosourusse uitgewis het

Kategorie:Geografie van Indië Kategorie:Geologie Kategorie:Vulkane