duimnael|regs|270px|Die kerkgebou van die NG gemeente Randfontein-Wes.
Die NG gemeente Randfontein-Wes is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1958. Die kerkgebou is geleë by Mopanistraat 3, Homelake, Randfontein. In 2013 was die leraar ds. T.N. Venter. Daar was in daardie jaar 64 doop- en 402 belydende lidmate. (Dieselfde syfers is in die NG Kerk se Jaarboek vir 2016 aangegee.)
Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.
Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika