duimnael|regs|275px|Ds. J.P. Theron en sy gesin het hierheen gekom van die moedergemeente Roodepoort af en in die gemeente gebly van 1954 tot 1957. duimnael|links|320px|Die kerkgebou van die NG gemeente Roodepoort-Noord, hier afgeneem op die dag toe die laaste erediens in die kerk gehou is voor die gemeente by Horison-Noord ingelyf is.

duimnael|regs|160px|Ds. M.C. Fourie, leraar van 1967 tot 1974.

Die NG gemeente Roodepoort-Noord was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).

Die gemeente is gestig in 1953. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Eerstestraat en Sewendelaan, Roodepoort-Noord. In 2013 was die leraar ds. T.F. Theron. Daar was in daardie jaar 15 doop- en 201 belydende lidmate. Einde 2014 was dit onderskeidelik 10 en 182 en het ds. Theron die gemeente verlaat. Die laaste diens in die kerk is gehou op 21 Februarie 2016. Op 1 Maart 2016 is die gemeente ingelyf by die NG gemeente Horison-Noord. Wesvonk. URL besoek op 5 Februarie 2016.

Enkele leraars Jozua Petrus Theron, 1954 – 1957 Christian Peter Brand, 1958 - 1961 Marthinus Christoffel Fourie, 1967 - 1974

Bronne Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.

Galery

Wysigings

Eksterne skakel Die gemeente se kerkgebou soos te sien op Google Maps.

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika