duimnael|links|Die kerkgebou van die gemeente Potchefstroom-Noord omstreeks 1970.

duimnael|regs|160px|Ds. L.J. Loots, van 1948 tot 1951 die gemeente se eerste leraar. duimnael|regs|160px|Ds. J.H. Lourens was medeleraar van 1951 tot hy in 1957 'n beroep aanvaar het na die dogtergemeente Eerste Vesting. duimnael|regs|160px|Ds. H.F. Prinsloo, medeleraar van 1952 tot 1962. duimnael|regs|160px|Ds. I.M. Kritzinger, medeleraar van 1953 tot 1958. duimnael|regs|160px|Ds. S.J. Eloff was leraar hier van 1959 tot 1961, toe hy oorgaan na die NG gemeente Potchefstroom-Die Bult. duimnael|regs|160px|Ds. Petrus Arnoldus de Wet, leraar van 1962 tot 1966.

Die NG gemeente Potchefstroom-Noord is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is in 1948 gestig. Die kerkgebou is geleë by Dwarsstraat, Potchefstroom. In 2013 was die leraars ds. J. Raubenheimer en dr. J.A.M. de Kock. Daar was in daardie jaar 234 doop- en 911 belydende lidmate.

Geskiedenis Die gemeente Potchefstroom-Noord is op 6 Maart 1948 van die twee moedergemeentes Potchefstroom en Mooirivier afgestig. Deur die goedgunstige toestemming van die onderwysdepartement, en veral die hoof van die Potchefstroomse Onderwyserskollege, is die dienste in die saal van die kollege gehou. Op 21 Augustus 1948 is ds. L.J. Loots as eerste herder en leraar van die gemeente bevestig. In November 1949 is 'n nuwe pastorie in gebruik geneem. Op 10 Februarie 1951 is die hoeksteen van die kerksaal deur mev. ds. Loots gelê. op 1 April 1951 is ds. J.H. Lourens, kapelaan van die SAW se Staande Mag op Potchefstroom, ingeskakel en as herder en medeleraar van die gemeente bevestig.

Op 19 Mei 1951 is die kerksaal in gebruik geneem. Die kerkraad het besluit om in die naam van die saal die driehonderdjarige bestaan van die Westerse beskawing te herdenk, veral ook met die oog op die Feesvierings in 1952. Daarom sou die saal die Van Riebeeck-gedenksaal genoem word. “Op hierdie wyse wil ons nie slegs in hierdie groot Volksfees deel nie, maar ons wil ook die driehonderdjarige bestaan van ons eie Kerk herdenk en met dankbaarheid teenoor die Here die godsdienstige grondslag waarop ons beskawing hier gebou is, in herinnering roep,” aldus die gemeente se medewerker in Ons gemeentelike feesalbum (1952).

Die gemeente het in die beginjare sterk gegroei. Binne drie jaar het die ledetal op meer as 2 000 gestaan, waarvan ongeveer driehonderd van die militêre kamp en ongeveer seshonderd studente was. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die NG Kerk was studente vir 'n aantal jare reeds besig om gedurende hul vakansie deur middel van konserttoere geld vir hul eie aandeel in hul kerk se boufonds in te samel, 'n onderneming wat lofwaardig en met sukses bekroon is. Gedurende Oktober 1951 het ds. en mev. Loots na die gemeente Vergenoeg, Oos-Afrika, vertrek.

Enkele leraars Lieb Johannes Loots, 1948–1951 Jacobus Hermanus Lourens, 1951–1957 (waarna eerste leraar van dogtergemeente Eerste Vesting) Hendrik Frederik Prinsloo, 1952–1962 Ignatius Michael Kritzinger, 1953–1958 Sarel Johannes Eloff, 1959–1961 Petrus Arnoldus de Wet, 1962–1966 Pieter Coertzen, 1974–1977 Johan Raubenheimer (1996–)

Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller). 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC – 'n divisie van Bybel-Media.

Potchefstroom-Noord Kategorie:Potchefstroom