A Night at the Opera is die vierde album van Queen wat op 21 November 1975 deur EMI vrygestel is in die Verenigde Koninkryk. Dit is geproduseer deur Roy Thomas Baker en Queen, was na berig word die duurste album ooit teen die tyd van sy vrystelling. Die album het sy naam gekry van die Marx Brothers-film met dieselfde naam, wat die groep een aand in die ateljee-kompleks gekyk het tydens opname."The Story of Bohemian Rhapsody", BBC, dir. Carl Johnston, First broadcast 4 Desember 2004

Agtergrond Die album is op verskeie ateljees oor 'n tydperk van vier maande in 1975 opgeneem. As gevolg van bestuurs kwessies het Queen byna geen geld verdien vir hul vorige albums nie. Daarna het hulle hul kontrak met Trident Studios geëindig en het hulle nie hul ateljees vir hul album gebruik nie (met die enigste uitsondering is die "God Save the Queen" snit, wat die vorige jaar aangeteken is). Die album het 'n wye verskeidenheid style ingesluit, soos ballades, harde rock en rock invloede. Afgesien van hul gewone toerusting gebruik Queen ook 'n verskeidenheid instrumente soos 'n kontrabas, harp, ukulele en meer.

A Night at the Opera het gemengde resensies van musiek kritici gekry, maar hulle was geprys vir hul produksie en die diverse musikale temas, asook die album wat Queen as supersterre gevestig het. In 1977 het dit twee Grammy nominasies ontvang. Retrospektiewe resensies het dit egter as Queen se magnum-opus beskou, en as een van die grootste albums in die rockgeskiedenis.

Queen's se vorige album, Sheer Heart Attack (1974), het kommersiële sukses behaal met die enkelsnit "Killer Queen". Ten spyte hiervan was daar 'n gebrek aan geld. Dit was hoofsaaklik te danke aan 'n kontrak wat hulle geteken het, wat hulle albums vir 'n produksiemaatskappy sal produseer, wat dan die album aan 'n rekordmaatskappy sal verkoop. Dit beteken dat Queen byna niks van die geld wat hulle verdien het gesien het nie, wat Brian May beskryf het as waarskynlik die slegste ding wat ons ooit gedoen het. Hul finansies was in so 'n swak toestand dat Roger Taylor gewaarsku is om nie te hard die tromme te speel nie.

Die album was opgeneem by sewe verskillende ateljees oor 'n periode van vier maande, in kontras, Sheer Heart Attack was opgeneem by vier verskillende ateljees.Queen:Sheer Heart Attack - Behind The Albums uDiscoverMusic. Max Bell. Julie 12, 2017. Retrieved 25 Augustus 2018 Queen het drie weke geskryf en geoefen in 'n gehuurde huis in Herefordshire voor die opname begin het.Queen:A Night At The Opera - Behind The Albums uDiscoverMusic. Bell, Max. Retrieved 28 September 2018

"Bohemian Rhapsody" was vrygestel as die hoof enkelsnit op 31 Oktober 1975. Die album was voltooi 'n week voor die groep op hul "A Night at the Opera" toer sou gaan ter ondersteuning van die album. Dit het gelei tot 'n 36-uur-mengsessie, sodat die groep tyd kon kry om die snitte te oefen voor hulle gaan toer. Weens tydsbeperkings het die groep net drie en 'n half dae gehad om te oefen, met vier ure om die musiekvideo vir "Bohemian Rhapsody" op te neem. Die toer was tussen 1975 en 1976, in die Verenigde Koninkryk, Verenigde State, Japan en Australië.

Snitte en snitlengtes Death on Two Legs (Dedicated to...) – 3:43 Lazing on a Sunday Afternoon – 1:08 I'm in Love With My Car – 3:05 You're My Best Friend – 2:52 39 – 3:30 Sweet Lady – 4:03 Seaside Rendezvous – 2:14 The Prophet's Song – 8:20 Love of My Life – 3:38 Good Company – 3:23 Bohemian Rhapsody – 5:54 God Save the Queen – 1:13

Lede Queen Freddie Mercury – voorsang , sang , klavier Brian May – elektriese kitaar , sang , kitaar , voorsang , Koto (instrument) , harp , ukulele Roger Taylor – tromme , sang , slaginstrumente , voorsang , elektriese kitaar John Deacon – baskitaar , elektriese klavier , kontrabas

Eksterne skakels Queen se amptelike webtuiste: Diskografie: A Night at the Opera

Verwysings

Kategorie:Albums van Queen