Charlesbourg is 'n distrik van Ville de Québec (Quebecstad) in die Kanadese provinsie Quebec. Dit is een van die oudste nedersettings in die provinsie, die eerste setlaars van 1689 was Jesuïete. Charlesbourg is in 1976 saamgesmelt met ander dorpe. Sedert 1 Januarie 2002 is dit 'n stadsdeel van Quebecstad. Nywerhede sluit boumateriaal en tekstiele in; die dieretuin van Quebec is een van die stad se besienswaardighede.

Kategorie:Nedersettings in Quebec