Roodepoort is 'n stad in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is wes van Johannesburg geleë en is deel van die Witwatersrand. Die naam verwys na die rooi grond wat so algemeen is in die omgewing.
Geskiedenis Die stad het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van goud. 'n Mynkamp is in 1888 gestig op 'n plaas met die naam Roodepoort. Munisipale status word verkry in 1903. Die eerste gemeente van die NG Kerk, die NG gemeente Roodepoort, het op 17 Mei 1905 met 400 lidmate van die NG gemeente Krugersdorp afgestig. Die stad is in 1949 deur 'n geweldige orkaan getref wat baie mense dakloos gelaat en geweldige materiële skade aangerig het.
Besienswaardighede Kloofendal-natuurreservaat - Hier is een van die oorspronklike myne van die omgewing. Roodepoort museum Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin - Hier is natuurskoon, formele tuine en 'n waterval. Gauteng Mediese Voorraaddepot
Onderwys Sekondêre instellings Wes Ridge High School
Tersiêre instellings Technikon RSA Roodepoort Kollege Verskeie privaat instansies soos Damelin, CTI, ens.
Woonbuurte Delarey Maraisburg, so genoem na die eienaar van die plaas waarop dit geleë is, A.P. Marais. Hamberg, genoem na die plaaseienaar J.N. van den Berg en sy agent, Hamman. Florida, so genoem weens sy natuurskoon na die Amerikaanse staat Florida. Durban Deep Selwyn Roodepoort Georginia Ontdekkers (Discovery) Roodepoort-Noord Horison Lindhaven Witpoortjie Culembeeck Constantiakruin Kloof-en-dal Horison-view Helderkruin Roodekrans Little Falls Weltevredenpark Florida Hills Ruimsig (na bewering een van die snelgroeiendste woonbuurte in die land)
Sien ook NG gemeente Roodepoort Gereformeerde kerk Roodepoort Roodepoort (kiesafdeling) Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne
Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Gauteng