Brooklyn is een van die vyf stadsdele (Engels: boroughs) van New York in die Verenigde State van Amerika. Met meer as 2,5 miljoen mense het Brooklyn meer inwoners as enige van die ander stadsdele, hoewel dit die tweede grootste in terme van oppervlakte is. Brooklyn is op die westelike deel van Long Island geleë. Die East River skei dit van Manhattan. Brookyn se enigste landsgebonde grens is met Queens.
Brooklyn is 'n nywerheids- en hawegebied. Dit is bekend as ’n deel van die stad waar mense van baie verskillende rasse woon. Mense van Brooklyn het dikwels ’n sterk aksent wat maklik herkenbaar is.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Geskiedenis duimnael|links|Brooklyn in 1879. Brooklyn is na 'n Nederlandse dorp, "Breukelen" genoem. Die eerste Europeërs wat hier gewoon het was Nederlanders. Toe hulle daar aangekom het, was daar reeds inheemse Amerikaners, genaamd die Lenape. Die Nederlanders stig die stad in 1634 as 'n deel van die kolonie van die Nuwe Nederland.
Broolyn was 'n onafhanklike stad tot in 1898 toe die inwoners gestem het om by die groter New York aan te sluit. Vandag is Brooklyn 'n tuiste vir mense van verskeie kulture en etniese agtergronde.
Die Brooklyn-brug is 'n bekende landmerk in Brooklyn. Dit oorkruis die East River en verbind Brooklyn met Manhattan. Die grootste brug in New York Stad verbind Brooklyn met Staten-eiland. Brooklyn is een van die bekendste stadsdele van New York.
Wyke Noordwes-Brooklyn Boerum Hill Brooklyn Heights Brooklyn Navy Yard Carroll Gardens Clinton Hill Cobble Hill Downtown Brooklyn DUMBO Fort Greene Gowanus Park Slope Prospect Heights Red Hook Vinegar Hill Windsor Terrace
Noord-Brooklyn Bushwick East Williamsburg Greenpoint Ridgewood Williamsburg North Side South Side
Noordoos-Brooklyn City Line Cypress Hills East New York Highland Park New Lots Spring Creek Starrett City
Sentraal Brooklyn Bedford Bedford-Stuyvesant Beverly Square East Beverly Square West Brownsville Crown Heights Ditmas Park Ditmas Park West Ditmas Village East Flatbush Farragut Fiske Terrace Flatbush Kensington
Bekende Brooklyners Veronica Lake, een van die top filmsterre in Hollywood in die 1940's. Samuel Morse, uitvinder en skilder wat bekend is vir die ontwerp van die telegraaf en Morsekode. Donald Kagan, historikus wat in antieke Griekeland spesialiseer.
Sien ook Brooklyn-brug, bekende hangbrug en landsbaken in New York Stad. Coney Island, skiereiland in die suide van Brooklyn.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:New York (stad)