duimnael|regs|250px|Passasiers gaan aan boord van 'n vliegtuig duimnael|regs|250px|Stadsverkeer in Berkeley, Kalifornië duimnael|regs|250px|Laai van steenkool in die hawe van Amsterdam duimnael|regs|250px|Spoorvervoer in Innsbruck
Vervoer gaan oor die verskuiwing van mense en goedere van een geografiese ligging na 'n ander. Goedere kan verskeie dinge insluit soos byvoorbeeld lewende handel, kos, roumateriaal, verwerkte goedere ens. Logistiek is die wetenskap waarvolgens vervoer beplan en bedryf word. Die mens was oorspronklik aangewese om goedere te vervoer deur dit te dra, en het later die gebruik van diere soos perde, osse en kamele bemeester. Die volgende groot deurbraak vir die mens was die uitvinding van die wiel wat waens getrek deur diere verwesentlik het. Met meganisasie en die ontwikkeling van enjins is 'n dramatiese sprong aan die ontwikkeling van vervoer verskaf. Die terrein van vervoer het verskeie aspekte. Losweg val hulle onder die volgende onderwerpe: infrastruktuur, voertuie, werking en energiebronne.
Vervoermiddels is enige van die verskillende soorte vervoerfasiliteite wat gebruik word om mense of vrag te vervoer. Dit kan voertuie, rydiere en pakdiere insluit. Voertuie kan waens, motors, fietse, busse, treine, vragmotors, helikopters, watertuie, ruimtetuie en vliegtuie insluit.
Infrastruktuur Die infrastruktuur sluit die netwerke in wat gebruik word, soos:
Paaie Spoornetwerke Lugweë Seeroete Pypleidings Vervoerbande
Terminale is ook deel van die infrastruktuur, soos: Busstasies Treinstasies Lughawes Seehawes Parkeergarages Stoorareas
Voertuie Die voertuie beweeg op netwerke en dra die vrag, soos: Motorvoertuie vir grondvervoer Treine vir spoorvervoer Vliegtuie vir lugvervoer Pendeltuie vir vervoer in die ruimte Vragskepe vir seevervoer Duikbote vir see-oorlogvoering
'n Pad is 'n identifiseerbare roete tussen twee of meer plekke. Paaie is tipies glad gemaak, geplavei of andersins voorberei om maklike reis moontlik te maak; alhoewel dit nie nodig is nie, en histories was baie paaie bloot herkenbare roetes sonder enige formele konstruksie of instandhouding. In stedelike gebiede kan paaie deur 'n stad of dorp gaan en as strate benoem word, wat 'n dubbele funksie dien as stedelike ruimtediens en roete.
Werking Die werking het te doen met beheer, soos: Verkeerstekens Spoorwegwissels Lugvaartbeheer
Energiebronne Energiebronne dui op die element, wat krag verskaf, wat benut word om vervoer van goedere te bewerkstellig, soos:
Diere Stoom Windkrag Sonkrag Petroleum Diesel Elektrisiteit Swaartekrag Kernkrag
Vervoerfinansiering (tolpaaie, brandstofbelasting) het ook hiermee te doen.
Oor die algemeen, is die ontwerp van netwerke op die terreine van siviele ingenieurswese, die ontwerp van voertuie in meganiese ingenieurswese en gespesialiseerde rigtings soos lugvaart- en lugruim-ingenieurswese, en die werking in studierigtings soos operasionele navorsing of stelselingenieurswese. Bedryfsingenieurswese kyk na die beplanning van die vervoerlogistiek vir bedryfstelsels.
Kategorieë van vervoer Lugvaart Gemotoriseerde padvervoer Pypleidingvervoer Spoorvervoer Seevaart Ruimtevaart Vervoer op ander planete
Verwysings
Eksterne skakels